PHenominaal!
Op 'n kol moes ek my dieet "toets" om te sien wat fout is. Was so lank gelede ek kan nie eers meer onthou vir wat dit was nie.
Ek moes vir 'n tydperk van drie maande iets uitsny. Die sout was die ergste.
Toe ek by koffie kom, was dit net nie in my woordeskat nie. Weier sumier!
Toe kry ek 'n maagaandoening en vir maande kan ek nie naby koffie kom nie. Dit jaag my onmiddellik badkamer toe.
Een aand sit ons in 'n hotel waar Hannes werk en die kelner stap verby met 'n heerlike pot moerkoffie.
Ek vra toe Hannes moet asseblief vir my 'n koffie bestel terwyl ek gou 'n draaitjie loop. Terug gekom vang daai melk in die koffie mos vir my dwars. Net daar en dan besef ek, dit is nie die koffie nie, dit is die melk.
Van toe af geniet ek weer my koffie (nog steets swart) en nou is ek EEERS verslaaf.
Jy kan my in die middel van die nag wakker maak met koffie. Dit is altyd welkom.