• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Musikale gene oorheers

Started by Meraai vannie Baai, September 06, 2012, 06:08:39 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

As ons klein prinsie kom kuier (amper drie) is hierdie sy groot tydverdryf. Skuif hy voor die klavier in en dan hang ouma en sussie se monde oop terwyl die mannetjie agter die klawers vergeet van alles om hom :love7: :hello2: hy skep sy eie deuntjie, asof vanuit die bladmusiek voor hom. Kyk die houding van die kleine handjies en sy sussie se uitdrukkings!!








PM

Daardie  wakker ogies spreek van inteligensie en entosiasme.  Werklike seëninge Raaitjie.  Die kleingoed word so vinnig groot. 
Baie dankie dat jy dit deel met ons.  Dit is 'n voorreg. 

Dit is sulke tye wat 'n mens 'n bandopnemer byderhand moet hê.  Dan skryf jy sommer prinsie se komposisies neer. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Meraai vannie Baai

Hy word hierdie maand drie volle jare oud  :toothy4: en het 'n vreeslike verbeelding. Dit is so belewenis om hom voor die klavier te sien. Soms is die handjies se aanraking op die klawers so lig soos 'n vlinder wat land op 'n blaar en dan dawer die klanke weer en buig die skouertjies vooroor terwyl konsentrasie daai wakker ogies nog groter laat rek. Hy verloor homself in sy komposisies. Outop een foto gekry waar hy na sy 'opvoering' so vooroor buig na sy pappa toe: Now THAT is music hehehe en vir my: wanna hear more of my music ouma?

PM

Kyk nou net hoe glip die tyd verby. 

Vir my kinders is hierdie foto's en opnames 'n kleinnoot.  As hulle bymekaar is hoor jy hulle lag.  Hulle sit behoorlik "koppe bymekaar" oor al die albums en opnames.  Ek is so dankbaar dat ek 'n rukkie gelede al hul albums vir hulle gegee het, anders was dit nou saam met myne onder in die "fish pond". 

Dit is wonderlik dat kleinman in so 'n atmosfeer van "jy doen goed" groot word.  Julle sal nog die vrugte daarvan pluk. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Kosbaar verby! Ek sien jou kinders in die gees  :love7:

Meraai vannie Baai

Filang hierdie ouma darem vanaand dukstukke. Die kabouters sit nou in Amerika en die eens dawerende klawers swyg doods....  :crybaby2:

AB

Aitsa. Ek sou baie graag musiek talent wou hê. St 8 was ek uit die skoolkoor geskors, ek sing altyd vals, en ek sukkel om te dans, ( kan so effens wals) want ek het nie eers ritme om ordentlik aan 'n deur te klop nie. Ek bewonder mense wat instrumente kan speel en die mooiste klanke daaruit optower,  veral die wat hulle self leer op gehoor.

Meraai vannie Baai

Giggel ek vir jou 'ek het nie eers ritme om aan 'n deur te klop nie...'  :toothy4:

PM

Kyk nou hoeveel jare later!  Die erfie is kosbaar nê!

Weet ek nie presies hoe jy voel nie?   :crybaby2:  (((((DRUKKIE)))))
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ai mater, dankie vir drukkie en ek weet jy ken hierdie filange in mens se hart. Dit is hoeka mos verby verlang. Mens moet staatmaak op die kierietjie 'f' om jouself te troos die kinders gaan vooruit. Die laaste aand wat die niggies en nefies saamgekuier het voor die groot uittog, was dit dan ook ynste symste. Ons prinsessie het 'n regte klein aktrise geword - haar gesigsuitdrukkings laat my gewoonlik proes agter die kamera en net een van die hordes klikbekbewyse (lief daardie woord van jou nog allie pad) is nie uit fokus nie lol.




PM

Dit is ongelooflik kosbaar Raaitjie.   :love7:

Ons sal nou ons jongste seun en skoondoggie met die twee dogtertjies oor Desembermaand sien.  Ons sien so uit daarna.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek glo julle tel al die slapies opgewonde af  :love7: :hello2:

Meraai vannie Baai

Ons klein Amerikaansie prinsie het sy eerste viool uitvoering. Die ouma se hart wil bars.


PM

Ag ptagtig!  Jy is 'n trotse ouma met die reg daartoe.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.