Ag tog! Van alles wat ek al in my lewe verloor het, mis ek my brein die meeste.
Ek dag dit is 'n rusbankie!
Het wel gewonder hoekom dit nou met die rugkant na die water staan.
Regtig! Posbusse word vogelneste en vuurmaakplek word rusbank.
Ons is alewig besig om hout bymekaar te maak. 'n Vriend van ons het 50 black wattle bome verloor wat deur 'n stormwind omgewaai is. Hy het dit laat opsaag en almal is welkom om te kom haal.
Oudste het 'n denneboom in sy tuin gehad wat gegroet het en hy het dit laat opsaag. Dit is baie lig en ons kap dit in klein dun repies en gebruik dit vir "aanstekers". Sodra die vuur 'n bietjie rokerig wil raak dan plaas ons 'n paar dun dennestukke op en daar knetter en kraak die vuurtjie te gesellig. Dit ruik ook baie lekker en ek en Hannes verkreukel ons oor die snaakse knoetse wat in die hout is.
Nou is ek baie lus vir kamp.