Ek het altyd 'n styd met die gebruike van kruie en speserye. Hier is 'n lysie en as julle nog het om by te voeg sal ek dit waardeer. Ek sal dit van tyd tot tyd op die lysie kom plaas.
Basiliekruid (Basil) - Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie
Borrie (Turmeric) - Kerrie, geelrys
Bronslaai (Watercress) - Slaaie
Chilli - Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte
Dragon (Tarragon) - Lamvleis, souse en piekels
Dille (Dill) - piekels, slaaisous, vis- en eiergeregte, ook op toebroodjies. Plaas 'n paar dill saadjies in 'n bakkie om te kou na ete.
Foelie (Mace) - Bredies, frikkadelle, roomsouse, hoendervulsels en vrugtekoeke
Gemmer (Ginger) - Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte
Grasuie (Chives) - Slaaie, sop, souse en doopsouse
Kaneel (Cinnamon) - Souse en vrugtegeregte, soetpatats, -pampoen, nageregte, soetgebak
Kappertjiesaad (Capers) - Vis- en ander seekosse
Knoffel (Garlic) - Vleis, vis, groente en slaaie
Koljander (Coriander) - Vleis, droëwors en biltong
Lourierblare (Bay leaves) - Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas
Ment (Mint) - Groente, vis en skaapgeregte
Moederkruid (Marjoram) - Sop, bredies and vleisvulsels
Mostert (Mustard) - Vleis, vis, groente, souse en sop
Naeltjies (Cloves) - Hoender-, bees- vark-, vis- en wildsvleisgeregte
Neutmuskaat (Nutmeg) - Vleis, groente en soetgebak
Oreganum (Oregano) - Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat) is heerlik op 'n tamatietoebroodjie
Paprika - Vleisgeregte, groente en slaaie
Peperwortel (Horseradish) - Gebraaide bees en skaap
Petersielie (Parsley) - Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie
Pimento (Allspice) - Bredies
Rissiepeper (Cayene pepper) - Kaas- en eiergeregte
Roosmaryn (Rosemary) - Vleisgeregte, hoender, sop en souse
Safraan (Saffron) - Rys, vulsels en vleis
Salie (Sage) - Vulsels vir vleis en hoender
Tiemie (Thyme) - Vleis (skaap en hoender), groente en sop
Vinkel (Fennel) - Groente, slaaie en visgeregte