Author Topic: huisbou nr 2  (Read 11752 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
huisbou nr 2
« on: August 29, 2012, 04:35:54 PM »
maandag ogend toe lyk dit so



maandag aand toe lyk dit so



en so




dinsdagoggend het die dinge begin gebeur so in die mistigheid









Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: huisbou nr 2
« Reply #1 on: August 30, 2012, 07:18:25 AM »
 :hello:

Stadig, maar seker. Baie sterkte en mag die mensies wat bou vleuels kry en alles vlot verloop.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 2
« Reply #2 on: August 30, 2012, 10:33:38 AM »
Dankie vir die deel AB.  Ek is bly dinge is aan die gebeur.  As 'n mens net eers 'n begin kan maak is die einde nie ver nie.  Ons wag nog vir die konstruksie-ingeneur. 
Ons sal graag nog wil sien. 
Sterkte en voorspoed. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: huisbou nr 2
« Reply #3 on: August 30, 2012, 12:08:41 PM »
Sterkte en geniet mater!!! Dink dit gaan spiekeries lyk man.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 2
« Reply #4 on: September 01, 2012, 06:34:56 PM »
nog 'n paar dae later. die fotos het ek vanoggend ( saterdag)  geneem, en die hoop rommel is die week se uitbreek goed. die breek werk is min of meer klaar, nog so paar klein breek plekkies.


die mure is van dinsdag tot donderdag staan gemaak.



vrydag oggend is die hout vloere uitgebreek en vrydagmiddag ete is die werk gestop want die groot reën het gekom.



dis die size van lateie wat ou mense gegiet het bo die deure en vensters met 7 stukke 10 mm ronde yster binne in.



dorp se kant van die huis.

daar is nog nie vensters in nie want ons gaan aliminuim rame insit wat agterna ingesit word.




moet maar sien wat hierdie week wat kom gebeur

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 2
« Reply #5 on: September 01, 2012, 08:14:39 PM »
Julle vorder fluks!  Voor ons weet is julle klaar.  Baie voorspoed en baie dankie vir die deel.  Ek sou darem wat wou gee om net 'n begin te maak.  Ons wag nog vir die groot "fight". 
Hou ons op hoogte matertjie.  Een van die dae is dit 'n paleis. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 2
« Reply #6 on: September 01, 2012, 08:38:41 PM »
gelukkig het ons tot nou nog nie nodig gehad om te fight nie.

daar het vrydag klomp örigan pine"balke wat in baie goeie toestand is onder die vloer uitgekom. ek soek nou iemand om vir my daarvan meubels te maak. ons moet in elk geval meubels koop, kan seker maar daarvan laat maak vir memories en geskiedenis uit die ou huis.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: huisbou nr 2
« Reply #7 on: September 01, 2012, 11:13:30 PM »
Wonderlik om te sien hoe dinge besig is om te gebeur, steentjie vir steentjie!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 2
« Reply #8 on: September 02, 2012, 02:51:37 AM »
Dit is 'n uitstekende plan.  As daar genoeg is kan 'n mens seker ook 'n houtpaneel teen die muur aanbring.  Ek is mal oor hout en wil stuipe kry as mense dit verf. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 2
« Reply #9 on: October 04, 2012, 09:00:48 PM »
Jammer dat ek nie verder vertel en gewys het nie, sal môre 'n paar kiekies moet neem. Die mure binne en buite is klaar, deur kosyne is in gesit, vloer is gegooi. Môre kom hulle dlak balke opsit, ek en vrou het al gaan teëls en badkamer goed soek. Dinsdag wil hulle die dak plate opsit.

die aliminuim vensters wat in die plek kom van id ehout vensters het ek bestel en hulle kan dit dlka volgende week vervang. Ons gaan al die hout vensters van die huis met aliminuim vervang.

Dan kan hulle die sitkamer en kombuis verf en die sitkamer mat vervang en dan kan ons begin meubels koop want waneer hulle klaar is oet ons seker darem 'n kooi en mielieblare hê om op te slaap.

ek het besluit ek gaan ons bederf en in die kamer en kantoor onder mat verhitting sit asook in die hoof badkamer ondervloer verhitting.

ek gaan ook 'n lekker groot stort kan kry, 1 meter breed en 1,6 meter lank sonder 'n deur. Gaan 2 stort koppe insit, een van bo ander een so skuins van die muur af.

Toe ek kyk na stort koppe wys die man my 'n foto van 'n stort kop wat R150 000 kos, net die stortkop wat so baie kos.

Beneukgeit om so baie vir dit te betaal.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 2
« Reply #10 on: October 05, 2012, 05:50:47 AM »
Ek is bly julle vorder so fluks.  Sal graag nog foto's wou sien. 
Ons het vanoggend 'n brief gekry van ons versekeraar dat hulle steeds, na die ingeneur se bevinding, slegs die oorspronklike aanbod sal betaal.  Daarmee kan ons net 'n lekker vleisbraai reël, op voorwaarde elke ou bring sy eie drank.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 2
« Reply #11 on: October 05, 2012, 06:42:31 AM »
Ek is bly julle vorder so fluks.  Sal graag nog foto's wou sien. 
Ons het vanoggend 'n brief gekry van ons versekeraar dat hulle steeds, na die ingeneur se bevinding, slegs die oorspronklike aanbod sal betaal.  Daarmee kan ons net 'n lekker vleisbraai reël, op voorwaarde elke ou bring sy eie drank.   :icon_biggrin:



Demit dis swak, wat van die een wie die oorsaak is van di eramp moet hulle nie instaan vir die skade nie of hulle versekering?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: huisbou nr 2
« Reply #12 on: October 07, 2012, 04:27:44 AM »
Ons kan die inhoud van die kontrakteur se versekering eis omdat ons nie inhoudsversekering het nie. 
Die groot vraag is:  Kan ek die "kick plates" van die kaste by een versekering eis en die panele by 'n ander versekering?  Dit maak nie vir my sin nie. 

Ons sal die week 'n ombutsman soek en gaan raadpleeg.   :dontknow:


Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: huisbou nr 2
« Reply #13 on: October 07, 2012, 10:20:49 AM »
Ja PM iets klnik nie lekker nie.