• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Twee kante

Started by PM, August 17, 2012, 08:44:28 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek dink elke muntstuk het twee kante.  'n Hardekant en 'n sagtekant.  Ek vergelyk myself nou met hierdie muntstuk.  "Heads"  is hard en "tails" is sag.  (Dit het nou niks te doen met Witgoud nie.  :icon_biggrin: )
Solank as wat jy met 'n "sagte" houding 'n saak benader, het ek meer as genoeg empatie en simpatie om die saak uit te sorteer.  Ongelukkig is die teendeel ook die waarheid, as jy wil koppe stamp "heads" is ek reg vir 'n "fight". 
Is dit "normaal" of is ek die enigste ou wat uit die bus uitval?
Om te weet is om te verstaan.

AB

PM ek glo dis normaal. My Bybel seg iewers iets van 'n sagte antwoord laat die grimmigheid bedaar.

PM

#2
Dankie vir die antwoord AB. 
Grimmigheid - 'n woord wat ek lanklaas gehoor het. 

Ek sien jy is lekker vroeg op vanoggend. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Soms is dit nodig om die harde kant te gebruik.
Soms met die gatkant.
Jy moet maar die persoon voor jou 'lees' en besluit watter kant jy na hom moet gooi om die wiele aan die rol te kry.
elle

PM

Ek haat dit om teen my grein op te tree.  Hou ook niks van konflik nie.  Soms is dit nodig, maar meestal so onnodig. 
Om te weet is om te verstaan.