Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: PM on August 17, 2012, 07:44:28 PM

Title: Twee kante
Post by: PM on August 17, 2012, 07:44:28 PM
Ek dink elke muntstuk het twee kante.  'n Hardekant en 'n sagtekant.  Ek vergelyk myself nou met hierdie muntstuk.  "Heads"  is hard en "tails" is sag.  (Dit het nou niks te doen met Witgoud nie.  :icon_biggrin: )
Solank as wat jy met 'n "sagte" houding 'n saak benader, het ek meer as genoeg empatie en simpatie om die saak uit te sorteer.  Ongelukkig is die teendeel ook die waarheid, as jy wil koppe stamp "heads" is ek reg vir 'n "fight". 
Is dit "normaal" of is ek die enigste ou wat uit die bus uitval?
Title: Re: Twee kante
Post by: AB on August 22, 2012, 03:30:10 AM
PM ek glo dis normaal. My Bybel seg iewers iets van 'n sagte antwoord laat die grimmigheid bedaar.
Title: Re: Twee kante
Post by: PM on August 22, 2012, 05:14:00 AM
Dankie vir die antwoord AB. 
Grimmigheid - 'n woord wat ek lanklaas gehoor het. 

Ek sien jy is lekker vroeg op vanoggend. 
Title: Re: Twee kante
Post by: Angelica on August 23, 2012, 05:19:29 PM
Soms is dit nodig om die harde kant te gebruik.
Soms met die gatkant.
Jy moet maar die persoon voor jou 'lees' en besluit watter kant jy na hom moet gooi om die wiele aan die rol te kry.
Title: Re: Twee kante
Post by: PM on August 24, 2012, 08:22:25 AM
Ek haat dit om teen my grein op te tree.  Hou ook niks van konflik nie.  Soms is dit nodig, maar meestal so onnodig.