Author Topic: Skuus julle ouens!  (Read 8435 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Skuus julle ouens!
« on: July 16, 2012, 06:58:32 PM »
Ek wil net sê dat ek jammer is dat ek so gekerm en gekla het. 
Dit is werklik tyd dat iemand met 'n bietjie humor hier kom aandoen.  Dit is net vir my ongelooflik dat soveel trauma ons getref het, en ek praat nie nou net van my en Hannes nie, ek praat van almal van ons wat deur trauma is die laaste ruk.  Nou hier, glo ek, dat dit die laaste strooi was.  Van nou af, sal dit net goed gaan met ons almal!
Ek lief julle!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #1 on: July 16, 2012, 11:27:54 PM »
Amen suster  :icon_salut: Die lewenspad het soms flaws, so .... waar die doodloopstrate ons kniehalter, grou ons nuwe paaie oop met humorclaws: if you can't beat them then cheat them. Vat 'n ompad  :icon_biggrin: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #2 on: July 17, 2012, 08:58:01 PM »
O hallie ha!  (Miss  :snorting: ek mis jou.)

Een van die dinge wat vir my geweldig humoristies is, is die feit dat die versekering kyk waar hulle jou kan indoen, die ander kant van die munt is die ouens wat kom kwotasies doen, hulle kyk waar hulle die versekering kan kortvat!
(Of is dit lankvat!)
Die dame wat vandag die kwotasies vir die teels kom doen het, sy meet sommer een 'n half keer die  huis se afmetings!
Die ouens wat die kaste kom doen wil alles uitruk van bo teen die dak tot op die vloer!
Die mense wat kom kwoteer vir die gordyne wil sommer gordyne aanbring waar daar geen gordyne was nie!
Seg ek vir Hannes, as hulle so oneerlik is teenoor die versekeringsmaatskappy, om hul eie sakke vol te maak, hoe eerlik dink jy gaan hulle ons behandel?
Of is ek maar net stupid soos gewoonlik?
Ons het 'n onafhanklik omboetsman aangestel wat die wet op die punte van sy vingers ken.  Ons gaan 10% van die eis aan hom afstaan (maak mos nie saak nie, die assessor wou dit in elk geval vir homself gevat het) maar ons dink die ou weet waarvan hy praat. 
Ons dink maar net, want op hierdie stadium van die geveg, is ons maar net waar ons was.  Ons het nog geen uitsluitsel nie, en dit raak nou naby aan 'n maand se wag in spanning. 
Toe sien ons op die nuus van die plakkershutte waarvan die mense alles verloor het wat hulle gehad het, toe besef ons dat ons niks het om oor te kla nie, maar dit is nog steeds nie maklik nie. 
Kom ouens, bring die humor, ons het dit brood nodig!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #3 on: July 19, 2012, 12:11:02 PM »
harde realiteit van 20ste eeu: korupsie en geen eerlike handelinge nie aan die orde van die dag, elke ou vir hom/haarself never mind die volgende persoon ...  :crybaby2:

wat wat jy kan en los niks vir die ander ou(vroutjie) nie  :crybaby2:

MAAR DIE SILVERANDJIE AAN DIE DONKERWOLK IS DAT DAAR NOG MOOI HARTSMENSE IN 20STE EEU OOK IS ... HIER IN DIE FORUM IS SOMMER 'N KLOMPIE SAAM
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Elizabeth

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 49
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #4 on: July 19, 2012, 12:31:57 PM »
Sterkte PM...ons hoop alles kom weer vinnig reg daar by jou. Hou maar moed!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #5 on: July 20, 2012, 07:44:07 AM »
Dankie julle, dit help geweldig baie om te weet julle dink aan ons.
Maandag is die 23ste.  Die ramp het die 26ste gebeur.  Hou maar vir ons duine vas dat die uitsluitsel nog volgende week sy verskyning sal maak.  Lief julle.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Elizabeth

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 49
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #6 on: July 22, 2012, 03:20:44 PM »
Ons knyp al ons tone, duime en vrinners (soos die Gr. Eentjie gesê het!) styyyyf vas!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #7 on: July 23, 2012, 03:39:36 AM »
Ekke kruis ook al myse vrinners (Liza die ene wil ekke ook in die woordmandjie gooi as dit reg is met jou hoor!) vir julle dierbare matertjie van ons. Sterkte en glo dat alles nou spoedig na 'n punt sal kom en julle rus en vrede en droogte vir 'n slag sal beleef!

Offline Elizabeth

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 49
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #8 on: July 23, 2012, 11:55:59 AM »
Is 100% Meraai van die Baai!  ;-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #9 on: July 24, 2012, 11:37:32 AM »
Dankie, dit help baie.  My skewe kniekoppe het geknak die naweek en ek sukkel om myself bymekaar te hou. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #10 on: July 24, 2012, 06:21:31 PM »
Vader, op gebedsvlerke wapper ek vinnig na U met my prag vriendin Petra en haar lief man, Hannes.
U weet tog better as ek al die skade wat die onnodige watervloed gebring het - en alhoewel dit
aardse goedjies is wat nie saam gaan kom na ons Hemelhuis nie, is dit tog kosbaar items wat elk
'n stukkie van gister se gisters verteenwoordig.

En met al die fraud en out to enrich myself peste wat hulle self mense noem, daarbuite waarmee hulle
nou te doen kry, kan 'n prag mens hart dit mos nie hou nie ...

maar U genade is groot en U krag onfeilbaar sterk
en in U arms is Petra en Hannes veilig,
daarom laat ek die twee lief mense en hulle trauma nou net hier in
U omgee arms.

Dankie vir U liefde

U weet wie ek is - die een wat so knaend is,
maar ek weet U is ook lief vir my

Willa
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #11 on: July 24, 2012, 10:59:43 PM »
Amen!!  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #12 on: July 27, 2012, 09:01:39 AM »
Ai Wils, ek dink jy is die pragmens. 
(Daar verskiet die morester nou weer deur my oge!)
Miskien moet jy vra dat ek ophou om so te murmureer en dankbaar te wees vir wat ons nog het.  Dankie te sê vir al die omgee en liefde wat ons ontvang.
Al kan ons nie die huis bewoon nie, en die versekering ons al ons dae gee, sing die voëltjies nog in my tuin.  Ons het baie om voor dankbaar te wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #13 on: July 28, 2012, 01:32:07 PM »
ons almal voel van tyd tot tyd oorweldig en mag tog dan maar kom treur in 'n kring wat omgee
ons weet mos jy is 'n dankbare mens - jy en Hannes is hardgetref
ons Vader vertaan nog beter

lief jou
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skuus julle ouens!
« Reply #14 on: July 29, 2012, 07:18:47 AM »
Ons "Westerse" bure het ons gisteraand oorgenooi.  (Die Ooste kant se bure het nie 'n druppel water deur hul huis nie, die Weste kant se bure se huis het ook sleg deurgeloop. Gelukkig is hulle slaapeenhede op 'n hoër vlak.)  Ons het na die foto's gekyk wat hy die dag met die vloed geneem het.  Dit is soos 'n sprokie uit die duiwel se kinderbybel.
(Ons was vasgekeer in die huis en kon nie op straatvlak kom om foto's te neem nie.)  Nou besef ons eers hoeveel water werklik hier deur is. Winston Churchill se "mighty Apiesriver"!
Gepraat van die ou siel, as hy vandag 'n keuse gehad het sou hy liewers in gevangeskap gebly het. 

   
Om te weet is om te verstaan.