Author Topic: Een van ons maatjies is siek  (Read 8805 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Een van ons maatjies is siek
« on: July 13, 2012, 07:06:17 AM »
Soos almal weet stomklets ek en Raaitjie elke oggend om 6 uur ons tyd. Gister kry ek boodskap dat sy ons kuier gaan mis. Ek dog sy gaan weer na die kleinkinders toe, maar die kommer knaag tog.

Vanoggend het haar dogter hierdie boodskap op haar fb muur geplaas.

"Halo almal, net laat weet mamma is in die hospitaal vir opserwasie vir die volgende paar dae. Haar EKG was "inconclusive" so die dokter wil haar paar dae daar hou. Sal op hoogte hou sodra ons meer weet."

Kom bid asb saam met my dat my gruwelsustertjie gou gesond sal word en weer met haar ongelooflike persoonlikheid hier tussen ons sal wees.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #1 on: July 13, 2012, 08:16:38 AM »
O dis vreeslik. Dankie vir die laat weet.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #2 on: July 14, 2012, 04:27:21 PM »
Ag nee!  Ek hou styf duime vas dat dit sommer gou beter gaan.  Raaitjie ons dink aan jou en aan Outoppie. 

Sterkte vir julle.  ((((drukkies))))  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #3 on: July 15, 2012, 12:38:45 AM »
Dankie liefste gruwelsustertjie van my! Drukkie vir elkeen van julle! Ek word skandalig bederf  :love7: Is weer tuis. Dokkie se angs is besweer. Toetse vir hartaanval almal negatief terug  :hello2: Die xtrale van bors was eers verkeerdelik gediagnoseer as longontsteking.LOL. So gestry in spreekkamer dat hy later in hospitaal voor Outop kom 'askies' vra.

Dankie tog vir linies vol antibiotika deur padkaart van are gejaag, lekker skindernusies saam mediese personeel en rottegif dosis weer aangepas, so kan ekke dankbaar (horisontaal) kom getuig: Die ouvrou word nou tuis (JIPPIE!!) toegegooi onder liefde, mediese hulp en dose vol medikasie, uit alle oorde. Die Here is goed vir ons. Ekke is geseende oumens. Lief julle so baie.
« Last Edit: July 21, 2012, 06:56:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #4 on: July 15, 2012, 09:07:45 AM »
Ag dankie tog Raaitjie.  Ons is so dankbaar dat jy nou weer uit en tuis en by die huis is.  Wees rustig en geniet die bederfie, dit is jou beurt. 
'n Hartlike dankie aan almal wat jou so bederf.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #5 on: July 15, 2012, 03:37:05 PM »
Die Here is goed vir ons. 

so baie dankbaar, maar daardie kuit-klonte is altyd gevaarlik en so vreeslik onverwags, lief jou.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #6 on: July 16, 2012, 11:30:09 PM »
Ek besef dit te goed Adele. Die lewe is kosbaar en skielik word mens gedwing - om waar moontlik, jou deel by te bring deur jouself op te pas en nie te dink jy is superhuman wat alles kan vermag.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #7 on: July 19, 2012, 12:45:36 PM »
Skiesie - nou eers gesien my mooi woordsmaaitjie was in die rooigevaar,
maar ek dank ons Vader dat Hy jou genadiglik beskerm het, terwyl ek niks vermoedend
in my eie sak en as vas gevang was ... en dat ander op en wakker maatjies gebedsvlerke laat opwaards wapper het vir jou!

Ons dien 'n wonderlike liefdevolle Vader
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #8 on: July 20, 2012, 08:39:56 AM »
Ek hoop van harte dat dit baie beter gaan met onse Maatjie.  Ek hou nie van hierdie "stilte" nie, dit maak my komkommerd. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #9 on: July 20, 2012, 09:04:31 AM »
my ma se sus is ook die week innie hosi opgeneem met 'n query hartaanval - maar die kardiloog se haar hart is goed, hy verstaan nie hoekom sy met die hart aanval simptomes sit nie  - sy is maar net 54 (10 jaar ouer as ek , my ma was 20 jaar ouer as sy - 4 siblings met 5 jaar tussen elke kind)

ons lewe is so gestress, al is ons eie huis houdings peaceful - geweld, moord, rampe omring ons ... die dat ons harte dit nie kan hou nie, al is die 100% gesond

Raaitjie ek hoop saam met PM jy is okay hoor!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #10 on: July 20, 2012, 09:20:23 AM »
Klop klop! Net gou die wonderlike nuus kom vertel. So pas die all clear vir die long by dokkie gekry. Geen tekens meer van enige invaders of infeksie. Donderdag doen hulle die laaste toets vir die hart en daarna kan ons lewens weer aangaan soos voorheen. Ek moes vandag sit en kyk hoe Outop grassny en wou my kleintoontjies in die modder grawe van frustrasie. Wil weer woel en werskaf maar moes wag tot die uitslae die liggie groen maak. Ek voel 'n 100 jaar jonger julle!! My smarties sluk ek met groot gemoedsrus en dank die Liewe Vader vir Sy Genade onverdiend!

Willa sterkte vir jou ma se sus. Dit is nogals 'n scary ding om opgeneem te word met 'n onstabiele hartritme en tekens wat almal laat dink dit is hartaanval. Die skok en bekommernis vir mens se familie is die aakligste van die hele ding tot die toetse en uitslae begin terugkom. Dan begin die groot gesoek na moontlike oorsake en voorkoming. Dink aan julle familie matertjie. Drukkie hoor!!

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #11 on: July 20, 2012, 03:23:44 PM »
die pyn af die arm en innie bors is glo die ergste - sy se dis erger as kraam - sy het drie gehad - so ek dink sy weet waarvan sy praat.

Ons hou maar almal saam op gebedsvlerkies
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Elizabeth

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 49
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #12 on: July 20, 2012, 03:46:48 PM »
Ek is so bly oor jou goeie nuus Meraai vannie Baai! Sterkte vorentoe vir elkeen van julle!

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #13 on: July 20, 2012, 04:32:31 PM »
Met Elizabeth in ons midde kan ons mos net vrolik wees  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #14 on: July 21, 2012, 07:32:19 AM »
Sy is gelukkig op 'n goeie mediese fonds, want darem help en ek sal beslis vir haar noem - drs het ook longe begin kyk vir oorsaak van die pyn ... die pyn is glo nie heeltyd daar nie, maar as dit kom is dit kraampyn se pyn verby .. ooi

ons het 'n prag familie ja, hier innie forum DANKIE PM  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w