Author Topic: Een van ons maatjies is siek  (Read 8806 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #15 on: October 09, 2012, 08:01:10 AM »
Ek lees vandag weer hier en besef hoe skielik 'n mens se lewenspaadjie ander rigting inslaan. Met die plasings van hierdie posts was die woord Pulmonary Hypertension nog net twee woorde. Na paar krinkels, draaie en naalde het dit werklikheid geword.

Vandag 'n brief uit die posbus gehaal met my naam op. Eers gewonder waar het die dem spietkop weer weggekruip en net begin verskonings uitdink vir die man van my hart wat die boete moet betaal, toe ek die koevert omdraai:

Queensland Lung Transplant Service.

My afspraak vir 22 Nov gefinaliseer en so begin 'n nuwe pad. Die laaste strooitjie van PHenomale hoop dat die drukking in die hartkamer veroorsaak was deur 28 jarelange plaag met klontjies in die been en longe. Dat die been met operasie herstel kan word deur die kundige span, en medikasie dan die drukking sal verminder in longe en hart;  my pad sal lei na herstel sonder dat ek 'spare parts' gaan nodig he vir oorlewing.

As die klontjies nie die sondebok was nie, is daar nie meer omdraai nie. 
Bid asb saam met ons  :love7: :notworthy:
« Last Edit: October 09, 2012, 08:26:58 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #16 on: October 09, 2012, 08:45:13 AM »
Ai Meraai van die Baai
jy kom hoop saai
selfs as die lewe maai
in storms rondom jou

ek het so baie kom leer
voel dis werklik n eer
en kan dit net nie keer
om vriende te wees met jou

dankie ook vir jou e-mail met die onderhoud - nog nie klaar geluister nie - Theo nog voelig - maar het al gelees - ek sal sodra hy rustig is, na die hele onderhoud luister

weet dat jy is in ons gebede - Andre en myne
en al het ek jou nog nooit aangesig tot aangesig aanskou nie
net hier en daar 'n fototjie beskou
is jy in my hart se diepste hoekie ingerol en daar gaan jy bly,
nes al my forum-familie -

tyd wil nog nie te vriendelik wees nie, maar dit begin so skeef skeef smiles my kant toe gou weer -
so ek sal weer meer hier kom kuier - ek hoop om elke dag ten minste 'n uur te kan spandeer
maar sover was die hoop 'n ashoop - maar uit die as kom die mooiste ... ek weet nie wat nie - maar dit kom

lief jou Raaitjie en al my forum-family!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #17 on: October 09, 2012, 08:49:20 AM »
((((((((Willa)))))))))

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #18 on: October 09, 2012, 09:13:26 AM »
klik op die image to see the boodskap
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #19 on: October 09, 2012, 09:24:41 AM »
Mag ons nooit sonder hoop wees nie  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #20 on: October 09, 2012, 09:25:58 AM »
Ek sal alles wat ek het vashou!  My tone kruis en my hare vleg!  Waar daar hoop is, is daar lewe!  Ja, die teenoorgestelde is ook waar:  Waar daar lewe is is daar hoop.   :icon_biggrin:

Snap Raaijie!  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Een van ons maatjies is siek
« Reply #21 on: October 09, 2012, 09:51:13 AM »
 :love7: