So vat ek toe mos vanoggend myse gryse ou moeder om by haar vriendin te gaan tee drink. Die girl wat dit als gereël het, moes toe mos haar wiele Kimberley toe vat en ma moet haar deel doen.
Ewentewel, ek vat die grondpad met my wieletjies, Ouma, Tarina en Cieran. Dis blerrie lelike pad en ek dink nog by myself: "self, nou ry jy darem 'n k%* pad. Gelukkig borsvoed jy nie, want dan het die baby sowaar botter gekry vir lunch." So skud ons verder teen 'n helse spoed van 40 km/uur. Wragtag, sien ek die padspoed is 60. Dog ek so by myself, wie de hel wil nou so vinnig ry op dié pad? Jimmel, die mense moet mal wees.
Ek dink my tande is 'n paar millimeter afgeslyt soos hulle op mekaar geklap het en ek wonder of my harsings nie ook heel deurmekaar geskud is nie.
Wel, ons het heelhuids daar en tuis gekom. My kop en 'n paar ander goed wikkel en dril nog steeds, maar ek dink teen môre die tyd behoort ek oor die ergste seesiek te wees.
"Was dit 'n sinkplaatpad?" hoor ek jou vra. Nee hel, jy kan nie 'n sinkpaat so beledig nie! Ek is seker hulle het ook gevoelens, al is dit net yskoue staal. Dis 'n breë pad, maar vader weet die hele pad is amper soos daai fyn geplooide rompe wat ons jare gelede gedra het. Ek is seker as 'n vrou in daai omgewing bly en swanger raak, moet sy liefs die hele 9 maande in die dorp loseer, want daai baby sal wraggies uitskud.
G'n wonder ons volksmoeders het gesê liewer kaalvoet oor die Drakensberge as met 'n donkiekar op Suid-Afrika se paaie nie.