Gedig word gevorm deur nege reëls.
Reël 1 en 9 is dieselfde.
Die lettergreep telling vertoon so:
Reël 1: 1 tot 2 lettergrepe
Reël 2: 2 tot 4
Reël 3: 3 tot 6
Reël 4: 4 tot 8
Reël 5: 5 tot 10
Reël 6: 8
Reël 7: 6
Reël 8: 4
Reël 9: 1 tot 2 soos met reël 1
My voorbeeld: 
Wie kan
so argeloos,
liefdevolle steke
wat pronk in gulle blokkieskleur,
kompleet soos die lappop van weleer -
nutteloos verdoem tot afval,
oor tak en blaar gaan gooi.
Wonder jy ook
wie kon?
© Meraai vannie baai
Hier is PM se pronkvoorbeeld:Sou jy,
as jy kon weet
hoe kort die lewe is,
jou broer nog so stief behandel,
of sou jy liewers dink voor jy doen en
jou volhartig met hom versoen?
die liefde sal seëvier...
die haat verbloem...
sou jy?
© Piet Magriet
En toe sleep Naas vir Aspoestertjie nader:
Aspoestertjie: Oupa se raadVerlang
Oor golflengtes
Deur kuberruimte wyd
Na vriende nooit in oog gekyk
Ons het aaneen gekuier en geklets
Pret gemaak met kosbaar woorde,
In lief en leed gedeel.
Golflengtes vêr
Verlang
Ek hoor
My oupa sê
“My kind, verlang is seer.
Maak weer jou vriende bymekaar
Want sonder kuier en sonder klets
Is jou oë vêr en vaal."
En ek weet verseker
Ek moet terug.
Gehoor.
© Aspoestertjie
Onder dekmantel sien die volgende spogvoorbeeld die lig:
Waarheen
Lei my lewe?
Wat is die doel daarvan?
Ek gaan lewe, ek gaan sukkel
Deur die gange van my aardse bestaan.
Maar opgee gaan ek wragtag nie
Want verder as lewe
Gaan my bestaan
Waarheen?
© Queeney