Dankie ouens. Ons waardeer. Gisteraand moes ons besluit oor wat word van ons deel van Outoppie se ouerhuis want sy stiefma is self baie siek en in die versorgingsoord. Die boedelsake voel soos nagmerrie want ons weet dit moet gedoen word, die lewe gaan aan. Daar is soveel rompslomp en almal is nog besig met afskeidneem van wat altyd daar was, die plek waar jou kinders opgegroei het en vakansies geniet het, ons was altyd 'n grooooot klomp wat saamgetrek het. Niggies en nefies het sulke stringe agter my en Outoppie aangestap strand toe en ons hande en oge was BESIG om dop te hou LOL!
En skielik moet jy dadelik besluite neem oor 'n kosbare deel van jou verlede, die owerhede wag nie
Outoppie en sy broer was enigste twee kinders maar ons het 'n groot familie bygekry toe oupa met ouma Emmie trou. Skielik was daar nog vyf kinders by en hulle kinders. Kersfeeste was 'n ongeloooooflike ervaring. Almal hou saam diens by kerslig, en kinderstemme weerklink soos engelekore deur die grot ... dit sal nooit weer so kan wees nie. Verby. Vir altyd.
Het vandag net deur ons fotos gedwaal en stukkies onthou en beelde wat ons altyd sal bybly, bewaar en gedeel met almal wat saam omgee. Dit was goed. Besef ek hoe skielik kan 'n ramp mens tref en selfs dit van jou wegneem! Ons kinders het nie die laaste kuier in 2007 se fotos nie. Ons het reeds 'n magdom fotos verloor toe die eksterne hardeskryf oppak sniksniksnik.