Alles gebeur mos met 'n doel.
So pas het ek met 'n maatjie gesels wat sommer nog baie jonger is as my jongste. Lorenzo werk vir Gerhard en hy trou Vrydag. Ons het 'n lang gesprek gehad oor "destiny" en "fate" en "Que-sera." My troetelnaampie vir hom is
"Chatterboxy."
Raai hoekom?
Natuurlik is hy Engels, maar so what?
Ek het geleer om hom baie lief te hê. Ag ek lieg, ek het hom sommer van dag een af lief gehad!
So het my gedagtes dan ook stilgestaan oor die afgelope paar lange maande van ons almal se "deelname aan die lewe."
So baie dinge het met ons almal gebeur. Ons is sekerlik nie bewus van elkeen se lief en leed in besonder nie, maar ek weet dat ons mekaar nodig het en ek weet ons gaan mekaar weer vind.
Ons waterskade het ons op ons knieë gedwing en ek weet hoeveel lief en leed elkeen van julle beleef het. Ek wil my verstout om te seg dat ons almal sterker anderkant uitgekom het.
Dit sal wonderlik wees as elkeen van julle 'n kort opsomming gee oor wat die laaste trauma was wat jou getref het, of as daar meer as een was wil ons graag daarvan hoor. Onthou, dit is remidiërend.