• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Toemaar die donker man, ROOK EN OKER (1963) - Ingrid Jonker

Started by Ah Willa, June 20, 2012, 07:42:01 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ah Willa

Toemaar die donker man, ROOK EN OKER (1963)


Op die groen voetpad
van die horison ver
om die aarde skat,
stap 'n ou man wat'
n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en 'n rug gebuk aan sy jare.

Wat maak hy, mammie?

Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies, my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.

Wat is sy naam, mammie?

Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toe maar, die donker man

© Ingrid Jonker
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek begin lees en voor ek my kom kry, neurie ek die deuntjie of ek dit gister laas geluister het!  :love7: :notworthy:

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w