Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => My gunsteling gedigte van die groot meesters => Topic started by: Ah Willa on June 20, 2012, 06:42:01 PM

Title: Toemaar die donker man, ROOK EN OKER (1963) - Ingrid Jonker
Post by: Ah Willa on June 20, 2012, 06:42:01 PM
Toemaar die donker man, ROOK EN OKER (1963)


Op die groen voetpad
van die horison ver
om die aarde skat,
stap 'n ou man wat'
n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en 'n rug gebuk aan sy jare.

Wat maak hy, mammie?

Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies, my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.

Wat is sy naam, mammie?

Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toe maar, die donker man

© Ingrid Jonker
Title: Re: Toemaar die donker man, ROOK EN OKER (1963) - Ingrid Jonker
Post by: PM on June 21, 2012, 08:06:18 AM
Dankie vir die plaas hiervan Wils. 
Title: Re: Toemaar die donker man, ROOK EN OKER (1963) - Ingrid Jonker
Post by: Meraai vannie Baai on June 26, 2012, 12:46:41 AM
Ek begin lees en voor ek my kom kry, neurie ek die deuntjie of ek dit gister laas geluister het!  :love7: :notworthy:
Title: Re: Toemaar die donker man, ROOK EN OKER (1963) - Ingrid Jonker
Post by: Ah Willa on June 26, 2012, 08:22:28 AM
net so stukkie vir die lekker Meraai : http://www.laurikarauch.com/?song=toemaar-die-donker-man