Author Topic: Oulike segoed vir kinders wat stout is :  (Read 23134 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #30 on: August 20, 2015, 06:44:43 PM »
Ons het twee bednatmakertjies wat geweldig trots is daarop dat hulle nie meer "kooipisters" is nie!

Vanaf vyfuur in die middag kry hulle niks meer om te drink nie.  Natuurlik het "oudste", ses jaar oud, skelm gedrink en vir boetie, vier jaar oud, ook gegee.  Ouma het al "bosbroekies" gekoop.  Dit het lank goed gegaan totdat iemand vir "ouboet" vertel het dat net babas doeke dra.  Sodra hy gaan slaap word die "broekies" uitgetrek.  Morevroeg is alles nat!
Toe besluit Ouma dit is sommer snert hierdie elke dag se beddegoed en nagklere was. 
Hulle kry elkeen 'n skottel met lakens in en dit moet nou gevryf en tussen die trane deur gewas word. 

Almal kyk my baie de vieste aan en beskuldig Ouma van wreedheid!  Die kleingoed "tjank".  Hulle is te kort om die linne op die waslyn te hang!  Ouma bring 'n leer! 
"Wie dink jy moet dit elke dag vir jou doen? Ek is oud en my rug is seer!"

Vyfuur kom en gaan.  Kinders dink dit is beter om nie skelm te drink nie.  Hulle kom agter dat die "bosbroekies" elke oggend droog is.  Nou seg Ouma vir hulle:  "As julle nog een dag met droge bosbroekies opstaan, hoef julle nie meer met boesbroekies aan te slaap nie.

Hoe wonderlik!  Elke oggend stap die twee snuiters, vroeg, vroeg, in Ouma se kamer in en seg hierdie wonderlike woorde:
Ons het nie in die bed gepiepie nie! 
Ouma gee hulle elkeen 'n vet druk en jaag hulle kombuis toe vir 'n heerlike bordjie pap.  Man, dit is 'n vreugde om gehoorsame kinders groot te maak. 



Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #31 on: August 21, 2015, 02:32:02 AM »
Slimme ouma die!  :notworthy: Toe ek die oplossing voorstel baie jare gelede tydens ons vakansie saam in Mosselbaai was ek alles behalwe 'n gewilde skoonsus en tannie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #32 on: August 21, 2015, 02:16:10 PM »
Dit het 'n rukkie geneem, maar dit het gewerk!
Om te weet is om te verstaan.