Author Topic: Oulike segoed vir kinders wat stout is :  (Read 23133 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« on: June 19, 2012, 06:26:58 PM »
Julle ek kuier nou daar op Eddey se FB groepie: https://www.facebook.com/groups/450415161637979/

Odette Swanepoel  deel toe die prag juweel :
Jou pakslae draf langs jou!-waarskuwend terwyl jy vir moeilikheid soek


Ek stel dit gewoontlik so vir Theo:  Dis nie 'n slim plan nie, dit gaan boemerang :-)

My musiek onderwyser het altyd vir ons koor gese:  Kinders die duiwel sit agter julle ore, kom ons prys die Here .... en dan begin ons een of ander Psalm sing ... totdat hy dink die koorklas is nou weer mooi soet :-)

Nou watse se goed het julle vir julle kinders gese of nog steeds vir hulle se, as hulle stout is ...
« Last Edit: July 02, 2012, 08:28:18 PM by Ah Willa »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
My se Moeder het altyd gesê:  Jou teëspoed is wit in die blom!
Ek het gesê:  Jy soebat vir 'n pak slae nê!
My pa het gesê: Ag liefie, kom sit hier langs my, ek dink jy sal baie veiliger wees.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Jou pa sin is baie oulik ...  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
jy speel op AVBOB se stoep
of
jy  speel op die treinspoor.


Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
my ma het altyd vir ons gese ons speel of AVBOB se stoepe ja ...

my pa het weer niks gese nie - ons net toegesluit in die tronk op Pekka en in Ficksburg as ons baklei ... of sy oe gerek en oe wee ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
...jou pakslae is nader dan jou volgende bord kos!

Jy soek vir my! Jy gaan vir my kry! ..en ek  belowe jou, jy gaan nie van my hou as jy my gevind het nie!

My ma het altyd begin giggel as sy my moes "vang" ek het altyd vir haar weggehol, dan sal sy vir my in suiwer "Afrikaans" sê Ek lag maar ek is kwaad. Dan kan sy my nie meer slaan nie.  :icon_biggrin: Ek het weer vir myne gesê ek is nie Oma nie, ek mag lag wat julle hol vir my weg, maar ek sal julle "slaan" met 'n smile.  :evil6:

O hel ek klink vreeslik  :evil6:

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #6 on: July 03, 2012, 08:50:59 AM »
Nee kyk, weghol kon ek nie. Die eerste keer wat ek dit probeer het het my eie pa, aan my ma se kant my met 'n stomp braaihout agter die kop gegooi. Toe ek by kom brand my gat oorlat ek weggehardloop het.

"Gaan staan en huil solank in die kamer, ek gaan net gou vir moermy haal."



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #7 on: July 03, 2012, 08:56:41 AM »
Pappa het nie juis geslaan nie.  Ek het wel eenkeer 'n paar strepies gekry oor my boudjies toe ek wou saamry en amper onder die bakkie beland het.
Mamma het so baie kindertjies gehad, sy het nie geweet waar om te luister nie.
Nee, ek kan nie onthou of daar ooit 'n vreeslike gedoente was nie.  Die seuns was buite in die veld en bosse en ek het onder die struik gespeel met my poppe.
Miskien hoor ek iets as ek my broer vra om 'n paar staaltjies te vertel. 
Julle leef darem nog almal.. Good.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #8 on: July 04, 2012, 04:13:28 AM »
My ma het nie segoed gehad nie maar sy het 'n KYK gehad wat jou laat wens jy was eerder in die wiskundeklas as by die huis!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #9 on: July 04, 2012, 04:30:34 AM »
Wat 'n mooi uitdrukking Raaitjie.  Boek toe hoor!

My pa het nie geslaan nie, hy het ook daai kyk gehad wat 'n bars kon kyk.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #10 on: July 04, 2012, 04:33:13 AM »
Dit is mos die soort wat die ouens beskryf as 'middeldeurkyk'. Sal dit vir jou gaan bewaar in die woordskuur matertjie :book1: :notworthy: wag net dat Willa vir my weer die details aanstuur van my wagwoord ens en lysie van hoe doen ekke wat  :icon_salut:
« Last Edit: July 04, 2012, 04:35:09 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #11 on: July 04, 2012, 04:40:03 AM »
Willlllaaaaaa!  Kom help matertjie! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #12 on: July 04, 2012, 05:00:33 AM »
Sy het belowe om dit vir my te stuur sodra dinge bietjie makliker gaan in hulle geweste. Ek hou die poskoetsie dop intussen. Neem my gewoonlik 'n rukkie om nuwe dinge baas te raak, so ek moet lysie he van al die hoe's en waar's. Van die os na die jas - Kry ek nou my gereelde gitaarkursus en die opskrif lees: dit is so maklik selfs Homer Simpson sal dit regkry (na tien biere)  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #13 on: July 04, 2012, 10:09:51 AM »
My pragtige 12-snaarkitaar wat ek by WW gekry het, het ok sy 0 gesien.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #14 on: July 05, 2012, 12:18:33 AM »
O neeeeeee  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #15 on: July 05, 2012, 01:17:23 PM »
en my Lowrey orrel het nou vergoed die gees gegee! 
Goed goed, ek besef dit is nie oulike sêgoed van kinders nie, maar dit borrel soos 'n fonteintjie uit my uit.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #16 on: July 05, 2012, 01:37:02 PM »
.... :icon_scratch: wel dis amper  :icon_scratch: reg. Dis sê goed vir stout kinders = Assesontoriemannetjies, val die nie ook onder Stout, Stouter, assesor Stoutste, nie.
Hel die mannetjie by die werk snork so, ek kan myself nie hoor verkeerd spel nie.  :dontknow:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #17 on: July 05, 2012, 03:22:26 PM »
Aag, ek sal later al hierdie gesprekkies kom uitvee.  Nou het ek iemand nodig om na my shitties te luiser en lekker te lag oor jou sêgoed.  Lag is die beste medisyne! 
Ek sou darem wat wou gee om jou en Naas en Engeltjie en WW en Raaitjie en Juffrou Gaweie en Willa en Louis WK en Fransi en Bloubefoeterd, in te vlieg om hier saam met my kniediep in die modder te sit.   :angel4:  Louis kon gaan vis koop en ons kon 'n ball hê!  Skuus Louis, maar jy is mos die visman en hier is nie 'n see nie. 
Weet net dat ek julle elkeen vanaand saam met my bed toe neem.  Ek dink aan julle omdat ek weet julle dink aan ons.  Ek koester elkeen van julle. :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #18 on: July 07, 2012, 10:04:29 AM »
jou gesprekkies bly net hier - ek stem met Trappies - die ... wou ek nou lelik praat .. daai assesor mannetjie was verby vrek stout - sny nek moet omgedraai word en sy lyf in 'n koesister gevleg word ...

Raaitjie ... ek sal net nou - weer alles kom sit - dink Andre het die link van woordeboek na woordskuur vernader en nou kry ek dit self nei ha ha - hy is so bietjie grieperig en in die bed ... sodra hy net-nou weer op is sal ek hom vra en dan sal ek dit daar by ons tegniese bespreek hoekie gaan sit
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #19 on: July 08, 2012, 11:08:05 PM »
In die haak Willa. Diekant van die aardbol trek die griep die ouens so een vir een plat. En as een in die gesin siek is kan jy maar weet, die res is spoedig aan die hoes en proes  :crybaby2:

Eers gou dit met julle deel, (dit is nou segoed van kinders vir poppe wat 'stout' is) een van ons kleinkinders het met 'n pop onder die arm gang afgekom, baie bekkig op twee en 'n half jaar kry die poppie raas: "Hoekom het jy jou broekie gepiepie? Jy moet toilet piepie! Waar's jou ore? (dan word aan die pop se ore gevat) ... wat is dit die? Blompotte???

Natuurlik het ouma agterna gevolg met die videokamera en 'n kosbare stukkie erfenis is behoue vir wanneer ons advokaatjie self eendag kinders het. Die seuntjiepop was toegerus met allerhande dinge om kinderhandjies vaardig te maak met ritse, knope, veters ens. ens. soos die karaktertjies in juffrou Gawie se lapboekies.

Offline JC

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 21
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #20 on: July 09, 2012, 07:06:25 AM »
Dit is kostelik!  Blompotte! Uit die mond van die suigeling sal jy sy mamma se woorde hoor, of is dit sy ouma s'n?  :angel4:
Dit sal, veral vir die klein proffie, die kosbaarste geskenk wees op sy 18de verjaarsdag. 

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #21 on: July 09, 2012, 07:19:00 AM »
ek hoop nie dis Mama of Ouma se woorde wat herhaal word nie ... dalk was dit op TV of iets  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #22 on: July 09, 2012, 07:19:53 AM »
ek bedoel die vraag Hoekom piepie jy in jou broek ...

die blompot gedeelte was ook vir ons as kinders gevra/gese ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #23 on: July 09, 2012, 12:34:39 PM »
Ek moes hulle toiletvaardigheid leer Willa en was nogals vir my na 20 jaar 'n storie gewees, so ek is bevrees dit was ouma se lyntjie ja. "Jy moet toilet toe gaan liefding." Die blompotte storie was sy moederlief sin LOL!  Met ons twee eie seunsgoed was ek soooo gelukkig dat hulle albei op nege maande geloop en van die lapdoeke as was (daardie tyd was doeke vrrrreeslike werk). Toe ek dus Meisiekind se oudste enetjie op twee en half moes leer was dit vir my aanpassing en die geduld nie meer wat dit moes wees. Maar so leer mens algaande weer dat elke kindjie uniek is en op sy/haar eie tyd toiletgewoontes baasraak.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #24 on: July 10, 2012, 08:12:57 AM »
Ons "mangoed" was gesegend met bakore.  Hulle het "nagmaalbekers" gehad.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #25 on: July 11, 2012, 12:20:00 AM »
Grinnik ek nou so wyd soos 'n nagmaalbeker se bek  :toothy4: van oor tot oor  :sign10:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #26 on: July 19, 2012, 06:09:15 PM »
ja-ha - die van die doek af ding is maar 'n ding ...

Theo is drie nog op die doek - ons het waslappe en lapdoeke gehad tot op jaar - uit doeke gegroei
nou is dit die pepper duur papier doeke en waslappe ...
met sy abnormale pyn met die tandkry proses het dr gese ons moet nie nog druk op hom sit om toilet te gebruik nie ..

hopenlik die sommer gaan dinge kan wees .... dan sal ek baie raad moet kom vra .. gelukkig het Raaitjie nou onlangs weer die toue wys geraak :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #27 on: July 20, 2012, 08:15:15 AM »
Om seuntjies te leer was vir my makliker as dogtertjie.  Pappa het elke keer die kleinman "boompie" toe gevat en kort voor lank het hy Pappa se voorbeeld gevolg.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #28 on: July 21, 2012, 12:25:36 AM »
 :angel12:  dankie tog hy's 'n seutjie en ek's nie die pappa nie  :icon_biggrin:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #29 on: August 22, 2012, 07:57:49 AM »
Ek lees op 'n groot bord, voor die perseel van  Kabouter kleuterskool:  Stoute kabouters kry nie pizza nie.  Daar is so "lekker" prentjie van 'n kaas pizza op die bord.  Om een of ander rede hou ek niks van hierdie skrywe op die bord nie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #30 on: August 20, 2015, 06:44:43 PM »
Ons het twee bednatmakertjies wat geweldig trots is daarop dat hulle nie meer "kooipisters" is nie!

Vanaf vyfuur in die middag kry hulle niks meer om te drink nie.  Natuurlik het "oudste", ses jaar oud, skelm gedrink en vir boetie, vier jaar oud, ook gegee.  Ouma het al "bosbroekies" gekoop.  Dit het lank goed gegaan totdat iemand vir "ouboet" vertel het dat net babas doeke dra.  Sodra hy gaan slaap word die "broekies" uitgetrek.  Morevroeg is alles nat!
Toe besluit Ouma dit is sommer snert hierdie elke dag se beddegoed en nagklere was. 
Hulle kry elkeen 'n skottel met lakens in en dit moet nou gevryf en tussen die trane deur gewas word. 

Almal kyk my baie de vieste aan en beskuldig Ouma van wreedheid!  Die kleingoed "tjank".  Hulle is te kort om die linne op die waslyn te hang!  Ouma bring 'n leer! 
"Wie dink jy moet dit elke dag vir jou doen? Ek is oud en my rug is seer!"

Vyfuur kom en gaan.  Kinders dink dit is beter om nie skelm te drink nie.  Hulle kom agter dat die "bosbroekies" elke oggend droog is.  Nou seg Ouma vir hulle:  "As julle nog een dag met droge bosbroekies opstaan, hoef julle nie meer met boesbroekies aan te slaap nie.

Hoe wonderlik!  Elke oggend stap die twee snuiters, vroeg, vroeg, in Ouma se kamer in en seg hierdie wonderlike woorde:
Ons het nie in die bed gepiepie nie! 
Ouma gee hulle elkeen 'n vet druk en jaag hulle kombuis toe vir 'n heerlike bordjie pap.  Man, dit is 'n vreugde om gehoorsame kinders groot te maak. 



Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #31 on: August 21, 2015, 02:32:02 AM »
Slimme ouma die!  :notworthy: Toe ek die oplossing voorstel baie jare gelede tydens ons vakansie saam in Mosselbaai was ek alles behalwe 'n gewilde skoonsus en tannie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oulike segoed vir kinders wat stout is :
« Reply #32 on: August 21, 2015, 02:16:10 PM »
Dit het 'n rukkie geneem, maar dit het gewerk!
Om te weet is om te verstaan.