In die haak Willa. Diekant van die aardbol trek die griep die ouens so een vir een plat. En as een in die gesin siek is kan jy maar weet, die res is spoedig aan die hoes en proes
Eers gou dit met julle deel, (dit is nou segoed van kinders vir poppe wat 'stout' is) een van ons kleinkinders het met 'n pop onder die arm gang afgekom, baie bekkig op twee en 'n half jaar kry die poppie raas: "Hoekom het jy jou broekie gepiepie? Jy moet toilet piepie! Waar's jou ore? (dan word aan die pop se ore gevat) ... wat is dit die? Blompotte???
Natuurlik het ouma agterna gevolg met die videokamera en 'n kosbare stukkie erfenis is behoue vir wanneer ons advokaatjie self eendag kinders het. Die seuntjiepop was toegerus met allerhande dinge om kinderhandjies vaardig te maak met ritse, knope, veters ens. ens. soos die karaktertjies in juffrou Gawie se lapboekies.