Waar velde nog na fynbos kon ruik
gewasse oorvloedig soos die Bybelse kruik,
geelgoud koring voor die wind uit dans
en denne fluister in die windjie saans,
Spansel en God met jou elke dag praat
bulkende bees en blêrende skaap
die geklap van ‘n perdepoot….
nou gestroop
Menige maal uit die plaas se grond,
kinders wat speel en gil uit die mond
o huis, met jou oop stoep en warme haard
lang gesprekke tussen kind en oubaard,
sibbe en werkers wat sorgvry omgaan
hoe kan dit wees dat daar haat bestaan?
Trekkers en waenhuis se deur staan oop...
nou gestroop
Sorgvrye jare op die plaas se werf
oupa wat son soek en boontjies kerf,
geskarrel om bees deur die dip te kry,
ons was so vry…
Jare se stryd om die bose te fnuik
jy kon die toekoms en haat in hul oë ruik
oorgee was al wat ons lewens sou red
bees, skaap en hond, asook perd.
Donker die dag, soos nag, my besoek
kinderjare trek my, soos ‘n vis aan ‘n hoek
op teen die eens netjiese laan…
tot waar nou net wit murasies staan
©Elsabe