• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plasing 6 - Waar nou net wit murasies staan...

Started by Angelica, June 08, 2012, 06:49:39 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Waar velde nog na fynbos kon ruik
gewasse oorvloedig     soos die Bybelse kruik,
geelgoud koring voor die wind uit dans
en denne fluister in die windjie saans,
Spansel en God met jou elke dag praat
bulkende bees en blêrende skaap
die geklap van 'n perdepoot....

nou gestroop

Menige maal uit die plaas se grond,
kinders wat speel en gil uit die mond
o huis, met jou oop stoep en warme haard
lang gesprekke tussen kind en oubaard,
sibbe en werkers wat sorgvry omgaan
hoe kan dit wees dat daar haat bestaan?
Trekkers en waenhuis se deur staan oop...

nou gestroop

Sorgvrye jare op die plaas se werf
oupa wat son soek en boontjies kerf,
geskarrel om bees deur die dip te kry,
ons was so vry...

Jare se stryd om die bose te fnuik
jy kon die toekoms en haat in hul oë ruik
oorgee was al wat ons lewens sou red
bees, skaap en hond, asook perd.

Donker die dag, soos nag, my besoek
kinderjare trek my,  soos 'n vis aan 'n hoek
op teen die eens netjiese laan...

tot waar nou net wit murasies staan

©Elsabe
elle

werelde weg

die verlede is deel van die hede...
die gedig stem my baie sad en verlore asof ek nie daaruit kan kom nie...

was dit die idee angelaica?

Naas

Baie Hartseer gediggie Engeltjie. As mens eers begin lees kan jy nie ophou nie.
Ek sou bietjie kyk na die hoofletters aan die begin van elke sin en dalk die leestekens om meer gevoel en rede aan die woorde te gee.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Louis

n pragtige stuk werk - vir my n gedenkdiens aan n vorige eeu

PM

Mooi geskryf Els.   :icon_salut:

Ek dink blêrende het net een erretjie.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Jitte, maar dis moeilik om te 'besluit' waar, in hierdie spesifieke stuk, 'n leesteken moet in en wanneer om 'n hoofletter te gebruik.
Ek het verander soos ek gedink het.
PM, Naas, kan julle my hiermee help, asseblief.
Die stuk het nie bedoel om te vloei nie.  Ek wou dit amper 'staccato' hou, vandaar geen leestekens en die hoofletters aan begin van elke lyn.
Wat stel julle voor?

WW, dit is 'n baie sad spot om te wees.  My kinderjare is hier gevorm.  Dit het jare geneem om myself 'los te maak' van ons grond.  Nie dat ek suksesvol was daarmee nie.  Ek gaan nie weer terug daarheen, wil nooit weer nie. 

Louis, dankie ook vir jou.  Ja, dit is soos 'n begrafnis as ek daar besoek af le. 
elle

PM

Els, ek vind geen fout met die huidige leestekens nie, dit klink vir my reg.  Wat my wel telkemale laat stilstaan, is die eerste twee versreëls.  Ek verstaan wat jy sê (ek dink) maar dit lees vir my moeilik.

Ek maak die volgende voorstel vir jou om in oorweging te neem.  Sê maar wat jy dink. 

Waar velde eens na fynbos geruik,    Die velde het eens na fynbos geruik,
oorvloedige gewas soos die Bybelse kruik gewasse oorvloedig     soos die Bybelse kruik
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

PM, lyk my ek het myself vas geskryf hieraan.
As dit nie reg lees nou, sal ek die hele ding moet verander.
elle

PM

Nou lees dit vir my reg.  Dit is regtig 'n mooi gedig, ek hou daarvan.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dit is nie juis iets waarme ander kan help nie want ons weet nie jou gevoelens, gedagtes en bedoelings nie. As jy dit so wil hou is dit ook reg. Dan praat dit net anners.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Naas, vind jy die leestekens nou reg, of is daar iets wat moet verander?
elle

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

soos 'n vis aan 'n hoek trek jou woorde my in en sluk my in ... dis 'n prag gedig ... eendag gaan ek ook so kan dig ... sodra ek mooi groot is ... dis pragtig Engeltjie
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Dankie Willa.
Dankie Naas, maar jy het darem nou nie nodig gehad om jou tjommies te gaan haal om my toe te juig.
elle

Ah Willa

Dis nie Naas se tjommas nie Engeletjie - dis sy ander persoonlikehede wat kom kom saam juig het  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w