• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ons Hoort....

Started by Angelica, June 07, 2012, 07:17:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

met die môrester wat nog hoog sit,
vele kussings wat in- en uitskuif
onder my nek,
eindelose ketels kook en KFM94.5,
nà baie praat met hart en verstand,
staar na swart-en-wit portrette,
vrae vra aan vergange se etse...
nà nog 'n Nescafè Gold
(en selfs 'n oorryp piesang...)
nà nog meer vrae aan die priem-oë
van die stom luiperd,
selfs aan die hout meerkat op die vensterbank
(hy knik sy kop, ek sweer)
ná nog 'n uur of twee se wonder...
wéét ek ons behoort,
want ons pas..
soos die pit in 'n perske

©Elsabé
elle

Ah Willa

sjoe - mooi verby mooi!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

sjoeee, skitterend    :hello2:   

:grommit:
adéle  :grommit:

Angelica

Dankie, julle mooi mense.
Dis nou deur Meraai (op PM gaan na Durban-area) se noem dat ek dit kom plaas vanoggend.
Dat mens nou so moet slaaploos deur die nag gaan net om te weet wat jy alreeds weet, ne?
elle

Meraai vannie Baai

#4
Jittttte ek lieffff dit. Daai pit in perske span die kroon en ek hoor jou gesels met alles om jou ... en die alleen eggo seer.

  :angel4: ek sluip gou terug met 'n 'ggggg' onder die arm  :icon_bigsmurf:

Ah Willa

Meraai jou kraai laat die diggie nog seerder wees : die alleen ego seer

jy moet jou eie uitdrukking gaan bewaar by die woordskuur ...

Angelica - dalk moet ons koffiedates reel in die nag .. en dan slaap ons in die dag - meskien - as ons gelukkig is ... is daar 'n 24hour Mugg-a-Bean??
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Giggles... Yip, Willa, miskien.
Maar met Ouma wat nou onder my vlerk is, kan ek nie regtig rondloop saans nie... sal haar eers aan die fam moet toevertrou vir die naweek voor ek kan galavant.
Maar dat ons gaan party hou met Naas se boekbekendstelling, dis verseker.
elle

Meraai vannie Baai

#7
Dankie vir drukkies Willa :notworthy: die 'eggo uitdrukking' is al in baie vorme hier op die erwe gebruik. Sal bietjie gaan loer na waar dit orals voorkom en dalkies kan ons 'n saamsmelt-bydrae skep met dit as titel.

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1769.msg10813#msg10813 Angelica se woorde

:color: kom las ek gou nog 'n 'gggggg'tjie by my eie ego voor Juffrou Gawie my sien  :love7: Dankie PM  :notworthy:

Ah Willa

Klik na 'n plan - Kaalvoetplaas Gedig vir Pas hol-ego die waaroms mos .. sal dit ook hier by die forumfamilie se huis in my kammertjie gaan plaas
en my oe kyk heen en weer vir die Ego-Uitdrukkings se bewaar hoekie :-)

Dit is pragtig van jou Engeltjie, om ouma so onder jouse vlerkie te hou - daar is baie Oumapa's daar buite, weerloos gelaat in die winter!

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Pragtig geskryf Engeltjie.  Beslis 'n moet vir die nuwe boek.   :hello2:

Skuus, ek wil net gou met Willa raas:  :icon_biggrin:

"Ons hoort" lag ek hier by myselwers Willa.  Daar "hoort" nog 'n g by ego om dit eggo to maak en daar "hoort" nie nog 'n m in jou kamertjie nie. 
As juffrou Gawie hier lees gaan sy jou tien maal laat uitskryf!  :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Heheheheheh... bulder ek nou diekant en loer waar is Gawerlina. Gelukkig kon ek betyds twee ggggggg's gaan insit waar my ego so egloos pronk  :icon_bigsmurf: :toothy4: Soos bygevoeg: PM onse forummoeder jy red ons basse. Dankbaarlik vir iewig enne biekie!!

PM

 :sign10: Net omlat ek lief is "vi jille".  :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dankie PM, dan maak ons dit sommer
Plasing No 1 - Ons Hoort
elle

Ah Willa

eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo

kamer kamer kamer kamer kamer kamer kamer kamer kamer

homework done ... ek bedoel huiswerk klaar   :angel12:

en weereens het ek hierdie prag juwel van onse eie  :angel12: tjie so geniet   

dis 'n gryp-jou-siel-gedig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Snipper en plak werk nie Ah Willa. Jy moet tien keer uitskryf nie snipper en nege keer plak nie.





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.