• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ons Hoort....

Started by Angelica, June 07, 2012, 07:17:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

#15
Dankie vir julle belangstelling, ek waardeer.
elle

Naas

Jy ken my noggie goed genoggie. Ek kou en suig 'n perskepit tot al sy vleis af is voor ek met hom klaar is.
Jou gedig is een van daai wat my eers na 'n paar lese gaan aanspreek omdat dit soveel lae soos rou skilferdeeg het.
Met die eerste lees is die werkstuk vir my mooi maar daar is diepte wat ek nog aan moet herkou.
Moet nou nie jou glasslippertjies toewasem nie. Ek kom nog by die kommentaartjie. (Nog net so 185 vraestelle voor Sondag dan is ek daar)   :notworthy:
:crybaby2: Ek issie op die oomblik Rakkernaas nie. Te veel skoolwerk maak my Swakkernaas.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

Quote from: Ah Willa on June 07, 2012, 06:41:19 PM
eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo eggo

en weereens het ek hierdie prag juwel van onse eie  :angel12: tjie so geniet   
lekker glimlag ek vir jou huiswerk, onthou net pragjuweel   :love7:

:grommit:
adéle  :grommit:

Angelica

Apologie, Naas en Willa.
Ek het te vinnig reageer.
Gelukkig is ons nie almal dieselfde en kan julle heerlik baljaar terwyl die ou tannie toekyk.
Dankie, in elk geval, vir die afskil aan die lae van my geskrifte. 
Sterkte met die eksamens en vraestelle.  Dit moet 'n helse taak wees.
elle

PM

Dit gebeur nie in al die eie-plekkies waar almal inspring en saam kuier nie.  Kyk nou net hoe warm kou ons aan hierdie perskepit.   :icon_biggrin:
Dit bly 'n mooi gedig en ek is bly dit gaan boek toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Meester Naas ek had nie gekroek nie .. regtig my huiswerk letter vir letter self getik ...
Dankie Adele ek sal probeer onthou .. los en vas toor met my kreukelkaMer  :hello2:

Ek stem 100% met Meester Naas .. hierdie gedig is 'n weer en weer en weer en weer lees gedig en elke keer spring iets nuuts van die perskepit na jou innerlike mond!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

PM....  ek moet in 'Ons Hoort' ietsie verander.
Is daar nog tyd?

KFM94.5

en

soos die pit in 'n perske

++++
elle

Angelica

PM, ek het bietjie verander aan 'Ons Hoort'.
Ek hoop ons het nog bietjie tyd. Indien nie, dan is dit ok.
Ek weet ook nie of ek so baie komma's moet gebruik nie.  Adele, PM, Meraai....  ek het hulp nodig hier, asseblief.
Baie dankie.

Ella
elle

Angelica

NEEEeeeee.....
Haal uit daardie 94.5
NET  KFM

en dan gaan ek nou nie weer omdraai en verander nie.
Ek belowe.
elle

PM

#24
Ag dit is so 'n klein verstellinkie, ek doen dit graag vir jou.  Daar is nog tyd.  As iemand nog foute sien of iets wil verander doen ek dit graag.
Ongelukkig kon ek nie die proefboek laat druk voor ons gery het nie, maar ek doen dit volgende week.  Dan is daar nog so twee weke tyd om veranderings aan te bring. 

Ek het dit gou gaan regmaak en gesien daar is geen kommas in die gedig nie.  Daar tussen (hy knik sy kop     ek sweer) is daardie "spasie" wat 'n ruspunt aandui. Ek hoop jy vind dit goed so. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Het hier ingesluip... gedog jy gaan my oor my kop slaat met jou besem... giggles.
Jinne, jy is sooo 'n   :angel8: 'tjie.  Baie dankie.
Ja, dis 'n rusplekkie. 
Lief jou, PM.
elle

PM

Daar maak jy my dag, dankie Elle, ek lief jou ook sommer alles wat hol is vol.
Om te weet is om te verstaan.