• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

visvang

Started by AB, June 01, 2012, 07:19:29 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

nou die naweek het ek en nog 2 manne 'n langnaweek gemaak en gaan probeer visvang. gewoonlik hengel ek net en kry nie visse gevang nie.

so ry on vrydag middag na ete ooswaarts na Jongensfontein se kant toe en gaan bly daar op 'n plaas wat aan die see grens.

Die outjie het vir ons kom kuier










Vrydagaand was koud en eefns reënerig.



Piet het kos gemaak ook




Saterdagaand rugby met die selfoon en 'n luidspreker geluister.



so effens plan gemaak om selfoon te laai, die een selfoon het net kar laaier gehad en my bakkie se aansteker krag het 'n fout na die insit van die nuwe rekenaar.



die volgende oggend baie uitgesien na visvang



Niks gevang die hele dag.

Sondag oggend dorp toe gery om botter wat vergeet was te koop en sommer by puntjie ook 'n draai gemaak en van 'n afstand af bekyk.






Die middag weer af water toe en die keer was ons meer gelukkig.


ek het 3 visse en piet 2 gevang, nie baie groot nie maar groot genoeg om wettig te wees.



gerrit het vir ons een kolstert en een pens en derms skoon gemaak om te braai.







op 'n maandagoggend 8 uur, voor koffie, het 'n yskoue bier heerlik gesmaak.





ons luister musiek op die laptop en piet woel met die kos.




word vervolg

Angelica

Ja nee, kyk,  dis al wat ek wil se.
of nee, nog iets:  Julle het genoeg gehad om julle warm te hou.   :headbang:
elle

AB

Quote from: Angelica on June 01, 2012, 07:40:36 AM
Ja nee, kyk,  dis al wat ek wil se.
of nee, nog iets:  Julle het genoeg gehad om julle warm te hou.   :headbang:

warm hou: bier...vir dors, daar was ook rooiwyn, soetwyn, port, rooi jeripiko, wiskey en zorba. o ja daar was darem koffie ook.


AB

#3
ons het maandag oggend met laagwater die rotse en poele en sloepe gaan soek.


baie bome deur die jare op die strand uit gespoel.



water trek ver terug met spring laagwter.



rotse waarop jy met hoogwater kan staan en visvang






die duine wat jy moet afklim om onder by die see te kom, an agterna weer terug op, gelukkig met minder lood in jou sak van al die ankers of te wel sinkers wat weg is, en hopelik met baie meer gewig van paar visse in jou sak.








laagwater





jy moet daai kant toe mik






en dan 'n merk maak om te wys waarheen





gaan maar sukkel as jy 'n groooot vis hier moet uitkry met hoogwater.








slak op die laagwater rotse







dit bly koud daar teen die duine so in die winter, son kom nie onder teen die voet nie








ons het rotse kos ook gekry





maandag het ek een haai en gerrit 3 visse gevang.


dinsdag het ek 2 en gerrit 3 visse gevang




was heerlik om vis te vang en nie te hengel nie.

Ah Willa

ek's nou nie een vir visvang nie - maar die stil natuur tonele - dit vang my siel - dankie vir die deel!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ai AB, ek het jou foto's so gemis.  Nou voel dit weer of die forum volledig is!  :hello2:

Ek is mal oor al die foto's, maar daai van die kos maak my net lus vir saam eet.

Van daardie droë hout sou vinnig by my plek opgeland het om my tuin te versier.

Dankie AB, dit was 'n heerlike visvangstorie. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Daai SLAK..
AB, interessant vir my is die duine...  Hoe lyk die goed dan so asof hulle met 'n laag wat? oortrek is.
Plekke lyk dit of daar iets (olie?) afgeloop het.
Dit lyk amper of die duine op 'n versteen mission is.  Soos die duine in Nam.

Hoekom wil ons altyd vir julle kossies voorsit op grand borde met spieelblink messies en vurkies en glasies en candle light en dinge...  julle is heel tevrede met rotskos en brood op 'n handdoek-tafeldoek.

elle

AB

Angeliek
Ek was al baie keer op die rotse en onder die water en ek probeer so veel as kan goed bekyk en sien en dis die eerste keer wat ek so slak sien. op sy rug is 2 vlappe wat soos vlerke lyk wat oopmaak as hy onder water is, wat die doel daarvan is sal ek nie weet nie. ek het abie see natuur boeke gehad waarin ek kon opsoek as ek iets vremd raakloop, en ek het baie keer die boeke deur geblaai en gelees as ek iets vreemd of interesant raakloop wat ek nie ken nie, maar nooit so slak raakgeloop nie.

oor die duine. ek het net die een keer my kamera saam geneem toe ons sonder visvang gereedskap af gestap het om die plek te bekyk. jy seg dit lyl soos olie. ek dink nie jy ver verkeerd nie. daar om die draai waar die see en duine bymekaar kom met hoogwater is sule swart rotse, sommige is soos klip an ander effe sagter en baie glad, sulke swart klippe/rotse. die wat glad is is steenkool. ja die duine is plek plek versteen. die rotse waarop ons staan en visvang daar lyl vir my ook soos stukke versteende duine wat verweer het en stuk stuk in die water geval het. die swart wat soos olie lyk op die duine kan ook iets te doen hê met die steenkool wat daar is. ja so het elke gebied sy eie unieke dinge. daar was in die verlede prospekteerders maar die steenkool is te min om ekonomies te ontgin.


ek stem saam waarom moet mens altyd fancy eet, solank die eetgerei en kos skoon en lekker is is als mos reg, veral as jy op so ekspedisie is, maak nei onnodig skottelgoed nie.

die handoek tafeldoek was eintlik onbedoel daar. geriit het die vis op die handdoek skoongemaak op die tafel en toe lê hy daar om droog te raak.

Ah Willa

Ek stem - mens hoefnie altyd grand te wees om lekker te kan eet nei - die geselskap se attitude maak die dis!

Re die slakkie - ek het ook bietjie rond gesoek - want dit het my kreukelkamer ook kom kiellie - maar ek het nog niks gevind nie :

AB meskien kan jy die fototjie stuur na een van die of al die links - dalk is daar iewers 'n antwoord:

Dive Action

http://www.scubadivecapetown.com

Link to the Dive Action website, a company which supports the Reef Atlas Project and is based in Cape Town.

Project AWARE

http://www.projectaware.org

Supports the reef atlas project. Is a Marine Conservation and Awareness Organisation

Southern Underwater Research Group

http://www.surg.co.za

SURG is a supporter of the Reef Atlas Project. They provide scientific information to recreational scuba divers.

Ocean Divers International

http://www.odipe.co.za

Home web page of Ocean Divers International

   
Department of Water Affairs and Forestry

http://www.dwaf.gov.za

SANCCOB

http://www.sanccob.co.za

They are more into seabird conservation - but I am sure they will be able to refrence to a Marine Conservation Organisation that will be able to help name .. nou hoekom tiksel ek al weer in die rooi taal .. wat sal kan help om die slak te ID  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

AB

ek het toe foto van die slak gestuur en ODI se sharon in PE het geantwoord.

Good Afternoon,

I have received an answer with regards to the identification which you needed assistance.

This could be one of two species: Aplysia dactylomela, or A. oculifera,  both sea hares.

As always, there's variability within the species, hence
the not-certain ID: for A. dactylomela the circles are made of a rather  hin black line, whereas for A. oculifera the circles are a tad big...

It has also being requested from you, by Guido Zsilavecz of Surg Magazine to use your photograph in one their publications.
Please let me know, if you are happy to do so.

Regards,

Sharon Clark
Instructor
Ocean Divers International


ek het al van die sea hare gehoor of gelees. maar nooit notisie geneem nie.

Ah Willa

Wow - en gaan jy hulle toestemming gee om die prag foto te gebruik - geluk hoor
en dankie vir die deel an die antwoord
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

AB

ja ek het hulle toestemming gegee en net gevra ek sal ook graag so tydskrif wil in die hande kry.

hoop ek kan nog goed vir hulle afneem.

Ah Willa

Dit sal wonderlik wees -  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

#13
Kolskoot AB.   :hello2: Sodra jy die tydskrif ontvang het kan jy vir ons die inligting deurgee.
Gaan die monstertjie boek toe? 

Ek het ook hier kom ronddwaal op soek na 'n foto vir Louis Weka se gedig "Driftwood".
Sal vir jou kom toestemming vra sodra ek een het waarmee ek tevrede is, of dalk kan Louis self vir hom een kom kies. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

Dankie PM
ek het nog paar ander fotos ook van die dryfhout wat dalk kan werk.

dit klink my hulle wil vir see haas in 'n tydskrif gebruik ja. ek hou maar duim vas.