Author Topic: anencephaly  (Read 3330 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
anencephaly
« on: May 27, 2012, 08:06:47 PM »
Oor die aarde heen het die Heer gesoek
na ’n tuiste om vir haar ’n plek te boek.
Op julle woning het Hy sy oë laat rus
en teen ’n voorkoppie haar sag gekus;
saam met ’n engel het Hy haar gestuur
bygestaan toe ’n moeder baringsnood verduur.
Volmaak met handjies en voetjies soos enig ander
maar haar brein het Hy in die Hemel gebêre.
Opgefrommelde vreugde en ongeloof…
skok het jul toekomsplanne diep gekloof.

Maande en jare gevul met angs en lyde,
maar julle het haar versorg tot die laaste einde-
haar lyfie beskerm teen koue en seerkry,
gekeer dat die onbekende haar meer laat ly;
gewonder of sy jul drukkies kon voel,
want sy kon nie sien of hoor of iets vertel.
Swakke mense, maar deur Hom uitverkies
om Sy genade oorvloedig op uit te giet
en vriend en vreemdeling kon saam ervaar
hoe Christus se nabyheid en liefde om jul skaar.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: anencephaly
« Reply #1 on: May 27, 2012, 11:31:06 PM »
Adele hierdie rouseer elegie van jou het jare se seer en lyding,  :crybaby2: ongelooflik teer vasgevang tussen lyne! Ek sal dit baie graag as voorbeeld wil gebruik  :book1: :notworthy:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: anencephaly
« Reply #2 on: May 28, 2012, 12:39:05 AM »
Opgefrommelde vreugde en ongeloof…

wow ... ek buig 'n humble knie-buig vir hierdie pragstuk!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: anencephaly
« Reply #3 on: May 28, 2012, 11:04:19 AM »
hallo julle, dankie dat julle die woorde goeddunk.

ek het dit maar lank oorweeg voor ek dit geplaas het, want dis maar 'n moeilike seer vir enige ouerpaar om te verwerk. maar Raaitjie, gebruik dit waar jy kan.

ek het gaan oplees oor anencephaly en oral kry ek dat sulke kinders binne ure sterf, of nie ouer as 2 jr word nie, maar hierdie kindjie het 9 jaar geleef, 9 jaar van spasmas, voer, doeke, geen kommunikasie nie...
ek sukkel om daaroor te praat want dis maar seer en ek is bang hulle neem my kwalik as ek te veel uitvra.

ek het self verpleeg en eenkeer die geboorte van so 'n kind meegemaak, kan nie onthou of dit hy of sy was nie, maar die lyfie het 'n paar ure later opgehou asemhaal. dit is verskriklik gewees, ons nursies kon dit amper nie hanteer nie. ek weet vandag nog nie wat aan die ouers vertel is en of hulle dit nie wou sien of wat nie.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: anencephaly
« Reply #4 on: May 28, 2012, 11:10:49 AM »
Pragtig geskryf Adéle, dankie vir die deel daarvan.  Dit laat my weer nederig dankbaar.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: anencephaly
« Reply #5 on: May 29, 2012, 02:11:27 AM »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: anencephaly
« Reply #6 on: May 29, 2012, 10:23:45 AM »
Langenhoven was 'n man - en onse Naas is vandag se Langenhoven
Adele is ons vandag se Langenhovelina

die gedig by die link wat Meraai gedeel het - net so ongelooflik mooi

wat 'n voorreg om tussen meesters te leef op hierdie forum
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: anencephaly
« Reply #7 on: May 29, 2012, 07:19:55 PM »
o nee, maar dankie Willa. dis maklik om in 'n klein groepie net so goed soos julle te wees, maar Langenhoven en daardie duistere klomp litereri  [smile, sit 'n kappie op die 2de "e"]  in Afrikaans, is op 'n ander planeet.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: anencephaly
« Reply #8 on: May 30, 2012, 10:03:27 AM »
Ek stem saam met Willa.  Julle hoef nie 'n tree terug te staan nie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: anencephaly
« Reply #9 on: May 30, 2012, 07:23:04 PM »
 :love7:  en stywe drukkie vir julle

 :grommit:
adéle  :grommit: