Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on May 27, 2012, 08:06:47 PM
-
Oor die aarde heen het die Heer gesoek
na ’n tuiste om vir haar ’n plek te boek.
Op julle woning het Hy sy oë laat rus
en teen ’n voorkoppie haar sag gekus;
saam met ’n engel het Hy haar gestuur
bygestaan toe ’n moeder baringsnood verduur.
Volmaak met handjies en voetjies soos enig ander
maar haar brein het Hy in die Hemel gebêre.
Opgefrommelde vreugde en ongeloof…
skok het jul toekomsplanne diep gekloof.
Maande en jare gevul met angs en lyde,
maar julle het haar versorg tot die laaste einde-
haar lyfie beskerm teen koue en seerkry,
gekeer dat die onbekende haar meer laat ly;
gewonder of sy jul drukkies kon voel,
want sy kon nie sien of hoor of iets vertel.
Swakke mense, maar deur Hom uitverkies
om Sy genade oorvloedig op uit te giet
en vriend en vreemdeling kon saam ervaar
hoe Christus se nabyheid en liefde om jul skaar.
:grommit:
-
Adele hierdie rouseer elegie van jou het jare se seer en lyding, :crybaby2: ongelooflik teer vasgevang tussen lyne! Ek sal dit baie graag as voorbeeld wil gebruik :book1: :notworthy:
-
Opgefrommelde vreugde en ongeloof…
wow ... ek buig 'n humble knie-buig vir hierdie pragstuk!!
-
hallo julle, dankie dat julle die woorde goeddunk.
ek het dit maar lank oorweeg voor ek dit geplaas het, want dis maar 'n moeilike seer vir enige ouerpaar om te verwerk. maar Raaitjie, gebruik dit waar jy kan.
ek het gaan oplees oor anencephaly en oral kry ek dat sulke kinders binne ure sterf, of nie ouer as 2 jr word nie, maar hierdie kindjie het 9 jaar geleef, 9 jaar van spasmas, voer, doeke, geen kommunikasie nie...
ek sukkel om daaroor te praat want dis maar seer en ek is bang hulle neem my kwalik as ek te veel uitvra.
ek het self verpleeg en eenkeer die geboorte van so 'n kind meegemaak, kan nie onthou of dit hy of sy was nie, maar die lyfie het 'n paar ure later opgehou asemhaal. dit is verskriklik gewees, ons nursies kon dit amper nie hanteer nie. ek weet vandag nog nie wat aan die ouers vertel is en of hulle dit nie wou sien of wat nie.
:grommit:
-
Pragtig geskryf Adéle, dankie vir die deel daarvan. Dit laat my weer nederig dankbaar.
-
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1781.0
:love7: :book1: :notworthy: :icon_salut:
-
Langenhoven was 'n man - en onse Naas is vandag se Langenhoven
Adele is ons vandag se Langenhovelina
die gedig by die link wat Meraai gedeel het - net so ongelooflik mooi
wat 'n voorreg om tussen meesters te leef op hierdie forum
-
o nee, maar dankie Willa. dis maklik om in 'n klein groepie net so goed soos julle te wees, maar Langenhoven en daardie duistere klomp litereri [smile, sit 'n kappie op die 2de "e"] in Afrikaans, is op 'n ander planeet.
:grommit:
-
Ek stem saam met Willa. Julle hoef nie 'n tree terug te staan nie. :notworthy:
-
:love7: en stywe drukkie vir julle
:grommit: