• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.

Started by Meraai vannie Baai, May 12, 2012, 03:15:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ekphrasis kom voor wanneer een soort kunsvorm 'n ander beskryf - byvoorbeeld wanneer ons 'n foto/kuns of beeldhouwerk bestudeer en elkeen beskryf wat hy of sy ervaar. Hierdie beskrywende prentjiewoorde is ook baie gewild as inskripsies onder aan skilderye.

"Poetry and Art together, performing a Duet"
Kuns en poësie, hand aan hand, vorm 'n volmaakte simfonie (hierdie pragtige vertaling deur Piet Magriet het 007 gaan bewaar in die ou boekie van woorde).

Hier is my ekphrasis voorbeeld (waar die woorde op die foto wat beskryf word), geplaas is.
PM hierdie is ook 'n voorbeeld vir personifikasie :toothy4: wat ons dalk vir boek 2 kan gebruik?




adele

adéle  :grommit:

PM

Ek stem, dit is 'n pragstuk en dit hoort beslis in die boek.
Glimlag ek toe ek sien dit is ek wat daai oulike vertaling gedoen het.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Dit is besonders Meraai!

My voorbeeld:

Pointillisme skilder liefde ( Alfalfa Fields Saint Denis ):

Gras stamp nie bloot kop
teen die plafon van grond
om dan deur te breek
in die wulpse sprietgroen
van 'n fertiliteitsgodin nie-

Soms stippel dit eerder
die geel wappering van lint
tussen hand en blou vlieër
            en is selfs die skaduwees
nooit         ondeurdringbaar swart nie.
Wel die saamsmelt
van komplimentêre kleure.

en as ons gelukkig is,
skyn die wit gees
van suiwer doek
deinserig
daardeur.

http://www.georgesseurat.org/Alfalfa-Fields--Saint-Denis.html


Ah Willa

Meraai se son wat mens so by die deur kom groet is pragtig

en Franci se grass is parmantig met die grond, te mooi

ek lief altwee die gedigte .. ek wil ook so iets probeer :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dit is pragtig, ek het die skildery gaan haal en in die boek gesit.  Baie dankie Fransi.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Meraai vannie Baai


Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Net so gemis matertjie!! Ek trap gou so paar woordspore terwyl ons kleinman begin kreun en steun om wakker te word  :icon_biggrin:

Angelica

Geinspireer deur digkuns...
Ai, en nou is my Griet al gedoen... snik.

Lieflik, Fransi.
elle

Angelica

Moet se, hierdie spesifieke skildery laat my aan Monet dink.
elle

Fransi

 :hello:

Baie dankie Angelica en Meraai.

Jy het 'n skerp oog Angelica. Monet was deel van Impressionisme en Pointillisme het net daarna gevolg. Daar is dus 'n klomp dele van beide tegnieke wat familie is. :-)

Meraai vannie Baai

#13


Met hierdie ekphrasis het ek ons digtersgereedskapkis nadergesleep en die klankbeitel van alliterasie en assonansie gebruik.

PM

Oee dis mooi!  Ek lief dit Raaitjie.  Ek is mal oor alliterasie en assonansie.  Dit kan vryevers vervolmaak. 
Om te weet is om te verstaan.