• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ekphrasis - Digkuns geïnspireer deur kunswerke.

Started by Meraai vannie Baai, May 12, 2012, 03:15:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Bly jy het dit ook geniet mater. Partykeer weet ek nie wat is die lekkerste, die beeld deur die klikbekkie vasvang of die ABC se inspan om dit te beskryf  :toothy4:

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#17


*hierdie was my vertaalde weergawe van 'n Engelse uitdrukking wat ek raakgelees het.

Fransi


Meraai vannie Baai

Fransi sonder hande in myne sou ek hierdie vreemde nuwe paadjie nooit kon stap nie. Soveel handegevat in die geesteswereld die afgelope dae, ek voel ek vlieg!!  :love7:

PM

Pragtig Raaitjie.  Die doel van spasies tussen vingers!  Dankie tog vir hande wat 'n mens kan dra in moeilike tye. 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#21


Ek het vandag vir jou
net 'n paar letters
uit die alfabet
geraam.  

Eers 'n   L   vir lankmoedigheid
toe die   I   vir iemand spesiaal,
ook 'n    E   vir engele wat waak
met die  F   vir fenomonaal wees
en een   D   vir dierbaarheid vanself;
weer 'n  E   vir ewige liefde.

*'n Dubbel Acrostic Ekphrases

Fransi


PM

Baie goed gedoen matertjie.  Dit spreek boekdele.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het dit op die 'veranda' vir Outop uitgepak en toe gou afgeneem voor die wind dit kom uitvee. Gelukkig het net die 'f' windskade gekry LOL. Kon toe agterna met PhotoScape die letters met die verfkwassie omgaan en die geheelbeeld verewig met 'n ekphrasis  :love7: Bly julle twietjies het ook geniet!

PM

Alhoewel ek 'n paar van hierdie voorbeelde in die gedigstruktuurafdeling het, moet ons nog 'n bietjie werk daaraan.  Ek het Fransi se lusernland in en sal gaan kyk wat nog.  Boek toe ouens.  Bring nog voorbeelde.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

:-) Ek het al vergeet van daardie gedig, PM. Dit was nou so lekker om weer hier te kon kyk en geniet.