• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Indiese broodjie

Started by Meraai vannie Baai, May 01, 2012, 01:51:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

 Heerlik saam met kerrie.

180 g koekmeel
2,5 mℓ sout
20 mℓ olie
150 mℓ water
50 g sagte botter

Sif die meel met die sout in 'n groot bak en voeg die olie by. Meng met 'n lepel.

Voeg ¾ van die water by en meng. Voeg meer water by as die deeg taai is. Dit moet 'n sagte deeg wees.

Strooi meel oor die werkoppervlak en knie die deeg tot dit baie elasties is.

Rol die deeg uit sodat dit 3 mm dik is, rol dit op, bedek met 'n doek en laat rus vir 'n halfuur.

Sny die deeg in 10 gelyke dele, rol elke deel in 'n bal en rol dit uit tot ongeveer 2 mm dik.

Voeg genoeg olie in 'n pan om die hele oppervlak te bedek as dit warm is. Braai die deeg bruin aan albei kante.

GANIET!!

*******************************************************

PM

Ek sal dit beslis tuis probeer.  Baie dankie Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

die rolletjies wil weer almal terug rol na myse heupies .. maar seg ek - dit lyk dan so heerlik - hoe kan ek nie wil bak nie????

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Oe aardetjie toggie tog Willa, daardie ewige kilogramme wat so lief is om aan ons heupe te vergaar  :toothy4: