Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Brood, skons en beskuit => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 01, 2012, 12:51:01 AM

Title: Indiese broodjie
Post by: Meraai vannie Baai on May 01, 2012, 12:51:01 AM
 Heerlik saam met kerrie.

180 g koekmeel
 2,5 mℓ sout
 20 mℓ olie
 150 mℓ water
 50 g sagte botter
 
Sif die meel met die sout in ’n groot bak en voeg die olie by. Meng met ’n lepel.
 
Voeg ¾ van die water by en meng. Voeg meer water by as die deeg taai is. Dit moet ’n sagte deeg wees.
 
Strooi meel oor die werkoppervlak en knie die deeg tot dit baie elasties is.

Rol die deeg uit sodat dit 3 mm dik is, rol dit op, bedek met ’n doek en laat rus vir ’n halfuur.
 
Sny die deeg in 10 gelyke dele, rol elke deel in 'n bal en rol dit uit tot ongeveer 2 mm dik.
 
Voeg genoeg olie in ’n pan om die hele oppervlak te bedek as dit warm is. Braai die deeg bruin aan albei kante.
 
GANIET!!
 
*******************************************************
Title: Re: Indiese broodjie
Post by: PM on May 02, 2012, 07:41:27 AM
Ek sal dit beslis tuis probeer.  Baie dankie Raaitjie.
Title: Re: Indiese broodjie
Post by: Ah Willa on May 03, 2012, 04:52:01 AM
die rolletjies wil weer almal terug rol na myse heupies .. maar seg ek - dit lyk dan so heerlik - hoe kan ek nie wil bak nie????

Title: Re: Indiese broodjie
Post by: Meraai vannie Baai on May 03, 2012, 06:48:44 AM
Oe aardetjie toggie tog Willa, daardie ewige kilogramme wat so lief is om aan ons heupe te vergaar  :toothy4: