• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Li’totes

Started by PM, April 27, 2012, 05:10:46 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Li'totes - li-to'tes is ʼn stylfiguur waardeur iets beklemtoon word deur die ontkenning van die teenoorgestelde, of deur verkleining of versagting.
- so iets lyk nie mooi nie - eintlik lyk dit baie sleg.
- dit gaan nie sleg nie - eintlik gaan dit baie goed.
- dit is net ʼn klein geskenkie om dankie te sê - dit is ʼn groot geskenk.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#1
My eie Li'totes: Dit gaan goed, ek skop nog in paaiemente...  :bootyshake:

Ek hou van hierdie Engelse beskrywing:  Litotes is best appreciated as a kind of rhetorical magician or illusionist. It can draw our attention to something – its badness, its difficulty, etc – while, simultaneously, emphasising its opposite. The quickness of the rhetorical hand deceives the mind's eye – now you see what's being meant, now you don't!

Kritiek verberg vir die blote oog, agter 'n mantel van ironie!

En dan is daar natuurlik nog die nefie van Li'totes - Apophasis (the art of raising an issue by saying you are not going to talk about it) waarvan President Trump se tweet die perfekte voorbeeld is: "Why would Kim Jong Un insult me by calling me 'old', when I would NEVER call him 'short and fat?'..."

Maar oor sy soms onnosele opmerkings, sal ons liefs nie praat nie  :icon_biggrin:

Assie

Hierdie li-toties klink vir my na 'n mooi gemors wat kliphard in die gange gefluister word?



:mumum:

Meraai vannie Baai

Jy slaan die spyker op sy kop Naas  :toothy4:

Naas

Wassie ekkie. Was Assie.


  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :icon_bigsmurf: :angel4: Ek pleit skuldig. Assie, groot askiesie dat ek jou woorde om oom Naas se nek gehang het hoor. Vergewe die ouvrou  :sign10:

PM

Heerlik om weer saam in die gange te wandel en te kan glimlag. 
Kyk waar tel ons sewe jaar gelede se goedjies op.  (Amper skryf ek 1912.  Ha-ha)
Om te weet is om te verstaan.