Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digterminologie => Topic started by: PM on April 27, 2012, 04:10:46 PM

Title: Li’totes
Post by: PM on April 27, 2012, 04:10:46 PM
Li’totes - li-to’tes is ʼn stylfiguur waardeur iets beklemtoon word deur die ontkenning van die teenoorgestelde, of deur verkleining of versagting.
- so iets lyk nie mooi nie - eintlik lyk dit baie sleg.
- dit gaan nie sleg nie - eintlik gaan dit baie goed.
- dit is net ʼn klein geskenkie om dankie te sê - dit is ʼn groot geskenk.
Title: Re: Li’totes
Post by: Meraai vannie Baai on January 14, 2019, 01:55:30 AM
My eie Li'totes: Dit gaan goed, ek skop nog in paaiemente...  :bootyshake:

Ek hou van hierdie Engelse beskrywing:  Litotes is best appreciated as a kind of rhetorical magician or illusionist. It can draw our attention to something – its badness, its difficulty, etc – while, simultaneously, emphasising its opposite. The quickness of the rhetorical hand deceives the mind’s eye – now you see what’s being meant, now you don’t!

Kritiek verberg vir die blote oog, agter 'n mantel van ironie!

En dan is daar natuurlik nog die nefie van Li'totes - Apophasis (the art of raising an issue by saying you are not going to talk about it) waarvan President Trump se tweet die perfekte voorbeeld is: “Why would Kim Jong Un insult me by calling me ‘old’, when I would NEVER call him ‘short and fat?’..."

Maar oor sy soms onnosele opmerkings, sal ons liefs nie praat nie  :icon_biggrin:
Title: Re: Li’totes
Post by: Assie on January 14, 2019, 01:43:26 PM
Hierdie li-toties klink vir my na 'n mooi gemors wat kliphard in die gange gefluister word?



 :mumum:
Title: Re: Li’totes
Post by: Meraai vannie Baai on January 14, 2019, 08:33:57 PM
Jy slaan die spyker op sy kop Naas  :toothy4:
Title: Re: Li’totes
Post by: Naas on January 14, 2019, 09:57:57 PM
Wassie ekkie. Was Assie.


  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Li’totes
Post by: Meraai vannie Baai on January 15, 2019, 01:48:01 AM
 :icon_bigsmurf: :angel4: Ek pleit skuldig. Assie, groot askiesie dat ek jou woorde om oom Naas se nek gehang het hoor. Vergewe die ouvrou  :sign10:
Title: Re: Li’totes
Post by: PM on January 15, 2019, 01:28:32 PM
Heerlik om weer saam in die gange te wandel en te kan glimlag. 
Kyk waar tel ons sewe jaar gelede se goedjies op.  (Amper skryf ek 1912.  Ha-ha)