• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Lagdief

Started by Meraai vannie Baai, April 17, 2012, 03:00:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die 'lagdief' (depressie met sy donkergat) beroof ons van so baie in die lewe; vreugde en vrede  :crybaby2:

Angelica

Ja, 'lagdief'.... oulik
Sondief
bergie-jas
elle

Meraai vannie Baai

Beeldende woorde mater!!

PM

Sielsdief.  Steel jou siel uit jou oë uit.  :crybaby2:
Nou is die ligte aan maar niemand is by die huis nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

lagdief - so waar
sielsmoodernaar
onverdiendesieltronk
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Ek is hier, ek is hier!! Daar is soveel pragtige beskrywende woorde vir hierdie sielsmoordenaar wat ook geaardheidsdief is- my sus het van sprankelende mens in 'n sketevraat verander  :crybaby2:

Ah Willa

so jammer oor jou sus Meraai
ja die lagdief veraai soveel binnekante!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Vandag kom pik ek weer 'n traan en verwens die lagdief want die lewe het snaakse draaie gegooi na ons familie met hom kennis gemaak het.
Ek los 'n straaltjie skaterende sonskyn vir almal wat hier verbygaan   :toothy4:

Naas

Dis nou een ding wat ek van ons boerenasie waardeer. Ons laat ons nooit lank onderkry nie. As iemand iets van ons steel raak ons moerig, maar nie vir lank nie, dan vervang ons dit met iets beter.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Bekla ek my lot by 'n vriendin.  Antwoord sy my:  Hoe sal jy dan nou die sonskyn waardeer as jy nie die tien dae perskereen beleef het nie.
Dit is so Naas.  Ons kan maklik die onweerswolke verdryf.  Soms nie so maklik nie, maar ons doen dit.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit is waar. Baie baie waar dat dit nie altyd so maklik is nie maar dankbaarlik kry ons dit tog nog reg. Geseend uit onse sokkies uit.