Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Nuwe woordskeppings => Topic started by: Meraai vannie Baai on April 17, 2012, 02:00:07 AM

Title: Lagdief
Post by: Meraai vannie Baai on April 17, 2012, 02:00:07 AM
Die 'lagdief' (depressie met sy donkergat) beroof ons van so baie in die lewe; vreugde en vrede  :crybaby2:
Title: Re: Lagdief
Post by: Angelica on April 17, 2012, 06:54:24 PM
Ja, 'lagdief'.... oulik
Sondief
bergie-jas
Title: Re: Lagdief
Post by: Meraai vannie Baai on April 18, 2012, 05:46:56 AM
Beeldende woorde mater!!
Title: Re: Lagdief
Post by: PM on April 18, 2012, 04:19:23 PM
Sielsdief.  Steel jou siel uit jou oë uit.  :crybaby2:
Nou is die ligte aan maar niemand is by die huis nie. 
Title: Re: Lagdief
Post by: Ah Willa on April 19, 2012, 09:11:43 AM
lagdief - so waar
sielsmoodernaar
onverdiendesieltronk
Title: Re: Lagdief
Post by: Meraai vannie Baai on April 19, 2012, 09:38:33 AM
Ek is hier, ek is hier!! Daar is soveel pragtige beskrywende woorde vir hierdie sielsmoordenaar wat ook geaardheidsdief is- my sus het van sprankelende mens in 'n sketevraat verander  :crybaby2:
Title: Re: Lagdief
Post by: Ah Willa on April 19, 2012, 10:49:50 AM
so jammer oor jou sus Meraai
ja die lagdief veraai soveel binnekante!
Title: Re: Lagdief
Post by: Meraai vannie Baai on October 12, 2016, 12:27:18 AM
Vandag kom pik ek weer 'n traan en verwens die lagdief want die lewe het snaakse draaie gegooi na ons familie met hom kennis gemaak het.
Ek los 'n straaltjie skaterende sonskyn vir almal wat hier verbygaan   :toothy4:
Title: Re: Lagdief
Post by: Naas on November 19, 2018, 02:46:22 AM
Dis nou een ding wat ek van ons boerenasie waardeer. Ons laat ons nooit lank onderkry nie. As iemand iets van ons steel raak ons moerig, maar nie vir lank nie, dan vervang ons dit met iets beter.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Lagdief
Post by: PM on November 19, 2018, 04:59:23 AM
Bekla ek my lot by 'n vriendin.  Antwoord sy my:  Hoe sal jy dan nou die sonskyn waardeer as jy nie die tien dae perskereen beleef het nie.
Dit is so Naas.  Ons kan maklik die onweerswolke verdryf.  Soms nie so maklik nie, maar ons doen dit.
Title: Re: Lagdief
Post by: Meraai vannie Baai on November 19, 2018, 07:42:39 AM
Dit is waar. Baie baie waar dat dit nie altyd so maklik is nie maar dankbaarlik kry ons dit tog nog reg. Geseend uit onse sokkies uit.