• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

O, die Ydelheid van die Vrou...

Started by Angelica, April 12, 2012, 07:42:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica


Dis daar
ja, sowaar, dis DAAR
dit was nie gister daar nie
waar?
daar man, daar!!
langs my linker oog
vir almal om te sien
diep, soos 'n kloof     uitgekerf
o, hoe wreed is die ouderdom
die skete en plooie wat daarmee saam kom
stram en seer die hele lyf
die heup is uit potjie, jy kan die ongemak nie beskryf
dis brille en pille, Dr moet net gou check
dis voorskrifte by die dosyne, ek word heeltemal  GEK
daars 'n raat vir elke siekte en skeet
van Ouma se honnepisbossie-tee
tot koeispeensalf aan hakke te smee
ek maak waansinnige planne
idees en sommetjies     en kners op my tanne
my bankbalans is hopeloos vêr in die ROOI
maar ek kan regtig nie so lyk
so......    baie minder mooi!!

     Meneer die bestuurder,  groot asseblief
     Goed mevrou,   gaan tog net nou

Dis bietjie eina
dis naaldprikkie seer
maar, yippee, toe ek daar uitkom
kon ek nie smile nie, nee glad nie meer
maar ek het geen meer plooi
ek is nou 'n Botox-nooi!!

©Elsabé

elle

PM

 :icon_biggrin: Baie oulik Elsabé!  Die humor laat my die dag blinkoog begin. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Lekker giggel Nasie nou binne in sy mou.
Dankie Engeltjie. Ek het die Giggeltjies baaaiee nodig gehad.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

O hie hie hie ... o griet ... hie hie hie

Dis 'n teer-saak daai kloof, wat nie daar hoor.

:angel12:

Angelica

Nee maar ek is bly julle giggel so lekker.
Julle sal hyl!! as julle moet sit vir Botox. 
Wie van julle is al ge-Botox?

Dankie vir die lees.  Ek waardeer.
elle

Meraai vannie Baai

Nog nie kennis gemaak met dit nie Angelica maar elke keer as ek op hierdie erf 'n draai gemaak het is ek opgekreukel van die lagplooie en sou ek dus lankal kon doen met so treat-virrie-pleats  :icon_bigsmurf:

Angelica

Oooo... lag ek nou virrie treat-virrie-pleat.

Lekker dag aan almal.
elle

PM

Ag nee wat, dit sal my niks help nie.   :evil6: Dit gaan te lank vat en te duur wees om al my plooie uit te stryk. 
Dit laat my dink aan die oom wat gegaan het om al die velle en kreukels uit te sny.  Die dokter het sommer, aangesien die ou oom tog nie meer hare gehad het nie, al die los velle sommer boontoe getrek, afgesny en mooi netjies toegewerk.
Toe sy vrou hom sien, vra sy vir hom:  Waar kry jy daardie das!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ek hou liewers die plooie - dit se ek had gelewe toe ek moes lewe :-) 

pragtige gedig!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

En hier, op die spoor van ons naamlose gaste dink ek vanaand - dit het tyd geword dat 007 weer woorde en lyne begin gaps. Hier is my eerste een - ek hou liewers die plooie - dit se ek had gelewe toe ek moes lewe!  :notworthy: Buig die hoof en knak die knieg Willa!

Angelica

Ek moet se, ek het heelwat meer plooie as tien jaar gelede.
Hoe gebeur dit so oornag... (van wanneer af is 10jr oornag?)
Geen grand plooiroom kon hond haaraf maak met my vel nie.
Het 'n tekort aan terugrek-stof in my vel...  :toothy4:
elle

Meraai vannie Baai

Elle elke keer as ek jou naam sien gaan ek dink aan die verouderingskeet - "Terugtrekstoftekort" :toothy4: :headbang:

PM

Ja nê?  Ek is een voor.  Het nog nooit geglo in "plooisalf" nie.  Dit is duur, baie moeite en dit werk net nie.   :nono:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek stem.. dit werk net tot jy in die spieel kyk.
Ek het 'n baie goeie raat:  stop die vetselle tot barstens toe vol, dan het jy nie roompies nodig nie.
Maat boeta!!!!, moenie gewig verloor nie, want as daai vetsell afblaas.. is jy oornag plooierig.
Meraai..  :color:
elle

Naas

#14
Ek verwys na hulle as vroulike wysheidsblaadjies. Ek sukkel om ouer vrouens sonder plooie ernstig op te vat want facelifts is vir my onnatuurlik. Daardie plooitjjies is oor die jare swaar verdien, DRA hulle met trots.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.