• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

O, die Ydelheid van die Vrou...

Started by Angelica, April 12, 2012, 07:42:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

 :sign10: My gesig het ekstra pleats van al die lag en julle humoristiese plasings en speel met woorde help beslis nie dat ek minder lag nie  :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai

NAAAAS!! Jy gaan tjoekie toe. Sit ek skelm agter die skerm en wag op jou kommentaar hier en toe ek weer kom loer, is jy woordloos weg  :icon_scratch:

Naas

Ek moet maar my woorde tel hier tussen die henne. Gelukkig weet ek die meisies op die forum is pragtag geplooi en wys gegroei.
Ons huis vir bedaardes het 'n geselin klub vir bejaardes gestig. Die klub se naam is 'Nooi 'n plooi' Hulle hou elke jaar 'n partytjie genaamd plooipret. Op die partytjie is daar beoordeelaars wat 'n Mev. Plooi kies. Die tweestuk swemdrag rondte is die gewildste deel van die kompetiesie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Al die kleinkinders kom loer om die hoek waarom giggel Ouma sonder ophou  :icon_biggrin: Naas, jy is enig in jou soort liefste mater  :hello2:

Angelica

Ek wil genooi wees na daai Mej Plooi-kompetisie.
Ek sal loshande wen.
Is Naas die enigste Haan op die Forum?
elle

Meraai vannie Baai

Dit wil so voorkom Angelica, sit ek nou weer en lees deur al die heerlike kuiersessies wat jou ABC-dis ons verskaf het tot nou toe. Loer na die aantal kere gelees!
655 :love7: :notworthy:

Angelica

Wat is die ABC-dis waarvan jy praat, Meraai?? :icon_scratch:
elle

Anastasia

Ek het nie so baie plooie nie, die vetjies vul dit mooi op!   :bunny:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Angeltjie, Ta Raaitjie bedoel dat jy die ABC gebruik het om ons met woorde te vermaak. En dit was lekker en dit was vullend.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Naas is reg  :toothy4: Ek bedoel dankie baie baie vir jou woordskepping ('n ABC-dis) oor die ydelheid van die Vrou waar ons kommentaargewys, so lekker saamgekuier het.

Angelica

Blonde-oomblikke oorval my al meer en meer deesdae.
Moet ouderdom-toetrede wees.
Ja, beslis.
elle

Meraai vannie Baai