• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hamsterkonfyt

Started by Naas, April 01, 2012, 02:29:52 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Haasvleis kan regtig egtig proe soos gevlokte hoender hoor. Ons het self met konyne geboer toe ons gedog het rykdom wink op die Locke se horison. Toe vernoem Meisiekind hulle na Bobby en Pamela. Ek was mal oor Dallas daardie jare en ons het nooit ryk geword nie uit die konyne nie al het hulle geteel of paar uit die mode gaan. Aan konynsmaak kon niemand ooit gaande raak nie.  Laat my nou onthou. Plaaslike bevolking vertel toe vir Outop daar bo in Noorde rond dat slangelang se kind ook nie te sleg proe nie naas krokkedil.  :icon_biggrin:

Assie

Ons eet gereeld slang. Hier innie klowe is gennoeg van hulle. Dit smaak so erens tussen vark en hoender. Nogal nie sleg nie.
Oupa se altoos byt die slang voor hy jou pik. As Eva maar geweet het slangvleis is lekkerder as appels dan kon ons nou nog in die Paradys vleis gebraai het.

:mumum:

PM

Kaalgat en kaalvoet?  O so ewe!   :dontknow:   Ek seg vir Oom Hannes, daai appelstorie is 'n liegstorie, ek is seker dit was 'n avo. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

As Adam en Eva Chinese was sou daai slang moes wegkruip instede daarvan om avos te adverteer. Hulle sou sushi maak van hom.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

  :angel4:   Slang suschi.  Ek wonder hoeveel sou dit kos.  Sushi is so duur, net die rykes kan dit eet. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Hiier by. Ons kry mens nogal plekke waar die sushi redelik billik is en. Jy kan jou knuppeldik eet vir minder as wat 'n steak kos.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Goeiste, ek sal by julle moet kom kuier.  Hier by ons sal dit jou so R300 kos om jou kadoemsie tjoef te kry. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

So min as R150 dan eet jy soveel jy kan inkry.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Met my gaan hulle beslis verloor!  Jy sal moet saamgaan sodat ons Hannes se deel ook kan opeet!  :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons liefffff sushi. Darem nog 'n bekostigbare gaatjievuller as ons ingaan stad toe. Nogals groot werk om dit self tuis te maak maar sooooo die moeite werd. Kan nie meer fotos vassit nie maar kan die skakel los waar ek 'inside out' sushi vir ons gemaak het. Heel onder aan die bladsy...
https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=3689.225

PM

"Na so heerlike saamkuier die naweek kom bekruip Maandae my gewoonlik. Kom knibbel alleenwees aan my siel.Trap ek sondiglik oor die tou; vergryp my aan 'n ekstra spuitjie room en bergie van Outop se roomys in my koffie."
Ek vergryp my altyd aan jou woordroomys, gelukkig maak dit net lekker warm en niks vet nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Moet se ek het lanklaas die forum oopgemaak en twee bladsye vol nuwe opmerkings gekry.  :headbang:

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is wonderlik Naas.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.