Author Topic: My Oom Koos  (Read 9859 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
My Oom Koos
« on: July 07, 2011, 07:11:10 PM »
So dink ek nou aan my eie Oom Koos.  Hy was met my ma se suster getroud.  Altwee het al gegroet, maar my oom was 'n groot man.  Ek bedoel  GROOT!  Hy moes sy kop laat sak om by die deur in te kom en dan was hy fris!  Nie bietjie fris nie.  Sy paar hanne was soos vark hamme.  Hy kon maklik jou keel heeltemal omvat met een van daai hanne van hom.
Dus, liewe leser,  sal jy verstaan as ek sê ons was maar versigtig vir hom.

Oom Koos het hom nie laat voorsê wat, waar en wanneer hy 'n ding moet doen, of mag doen nie.  My ouerhuis was vir hom soos 'n ouerhuis en hulle het dikwels besoek afgelê en sommer oorgeslaap ook.

Dit was nie snaaks dat Oom Koos homself gerieflik op die koffietafel uitgestrek het as hy nou moeg "gekuier" was nie.  Net daar in die voorgestoeltes!  Nodeloos om te sê, die kuiertjie het sommer ook net daar doodgeloop, want Oom Koos het gesnork vir 'n goue medalje by die Olimpiese spele.  Hoor en sien het vergaan.
 
Ek was vroër besig om kos te maak toe ek 'n beeshaartjie uit die vleis uitskep en voor ek my neus kon optrek, hoor ek weer helder en duidelik Oom Koos se woorde:
"Los jou fiemiesgeite meisiekind!"
Dit was Saterdagoggend en toe ons aansit vir ontbyt kry ek 'n wurmpie in my oatspap.  Liederlik vies maak ek kapsie en ek krap die wurmpie tot op my bord se rand.  Net daar gryp Oom Koos die wurmpie van my bord af en druk dit in sy mond.
"Is daar nog?" vra hy.
My mond het oopgehang!
"Sies," sê ek.
"Sies wat!  Jy is bederf.  Jou Ouma het in die konsentrasiekampe gebly en hulle was maar te dankbaar vir 'n stukkie vleis in die kommetjie ryswater waarvan hulle aan die lewe moes bly!  Los jou fiemiesgeite meisiekind!"
« Last Edit: July 07, 2011, 07:14:46 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: My Oom Koos
« Reply #1 on: July 12, 2011, 06:41:31 AM »
Mog ek tog nooit ooit so honger wees dat ek dankbaar is vir ekstra vleis in my dis - met respekte  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My Oom Koos
« Reply #2 on: July 12, 2011, 09:28:23 AM »
Jy is bederf!    :sign10:   Ja-nee Raaitjie, ek sal ook baie honger moet wees.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Oubaas

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 10
  • Gender: Male
  • 'n Gewillige donkie vir Jesus Web: http://www.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=0
    • Oppie Koffie Gemeenskap
Re: My Oom Koos
« Reply #3 on: July 20, 2011, 07:04:20 PM »
Hahaha. Goeie een!