• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hamsterkonfyt

Started by Naas, April 01, 2012, 02:29:52 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek onthou desjare toe my ma so geboer het met tulpe. Sy't my altyd aangemoedig om met hamsters te boer en as die goedjies te veel geraak het het sy hulle uitgeslag en konfyt gekook van hulle. Sy wou ons nooit van die konfyt laat proe nie.





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

O die sône!   :icon_biggrin:  Het sy ooit 'n rede verskaf?  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ja. Blykbaar was daar destyds 'n liedjie "Tulips from hamsterjam."



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Jetetjie, Naas, maar jy kan met die snaakste goed vorendag kom.
Wat se Ouma Naas as jy so tjol praat?
elle

Naas

#4
HEY! Wie praat tjol? Vra my broer as jy my nie glo nie. Hy't gehelp hamsters voer. (en slag)

Onthou julle die liedjie?

TULIPS FROM HAMSTERJAM
Max Bygraves


When it's Spring again I'll bring again
Tulips from hamsterjam
With a heart thats true I'll give to you
Tulips from hamsterjam
I can't wait until the day you fill
These eager arms of mine
Like the windmill keeps on turning
That's how my heart keeps on yearning
For the day I know we can share those
Tulips from hamsterjam




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

 :icon_biggrin: O hallie ha!  Daar vang jy my met 'n slap riem!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Ah Willa

dankie tog julle het nie geproe nie ... arme hamsterjam  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Ai! Waar was die internet daai dae?
Gaan doen ek nou bietjie navorsing op die net. Ons het heeltyd die liedjie verkeerd gehoor. Dis eintlik "Tulips from Amsterdam."
Ai Ai Ai. Nou weet ek hoekom my ma se tulpe nie in daai taai rond wou groei nie.

       En al die hamsters...     

:triplets: :triplets: :triplets: :triplets: :triplets: :triplets: :triplets:
                         Ai toggie toggie toggie... !!!      :icon_scratch:




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

dis nie julle skuld hulle het die liedjie in die rooi taal gesing nie  :bootyshake:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Val ek pantoffels en al in die hamsterjam  :snorting: Naas. Naas. Naas.

Naas

Ai! Ta Raaitjie. En ek kan nou nog die hartseer voel vir die arme hamsters wat so onnodiglik aan hul einde gekom het.
My pa het mos sy mond nie aan hoender gesit nie. Het geglo hy sal opslag sterwe.
So boer ek met konyne. Kom een middag na skool by die Huis en my ma het die lekkerste hoenderpasty gemaak. Toe ek na ete my konyne gaan voer is die helfte skoonveld. Pastyhemel toe.
My pa het die konynpasty so geniet dat hy lank nadat al die konyne op was nog heerlik "konynpasty" geëet het. Ek en my broer die aakligste dood voor oë gesweer as ons sou uitlap dat dit lankal hoender ipv konyn in die pasty is.
O allie haa!!! Die sonde...


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Bid jou aan! Ek stem saam.... die sonde  :angel4: My ouma het haaspastei gemaak wat vir ons voorgesit was hoenderpasteie. Smaak my die sonde met pasteie se hoofbestanddeel is kultuurgebonde!

PM

Ons het haaspasty ge-eet of honger gely.  Vir ons was dit dood normaal.  My ma het daardie haasvleis gekook totdat dit in repies was en het ons lekker ge-eet.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Sjoe Oom Naas. Konyne en hase wat soos hoender smaak...
Met vleipryse wat deesdae so duur is kyk en nou met ander oe na die bojane teen die berg...

:mumum: