• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ouvroustories

Started by PM, March 18, 2012, 05:24:12 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ons het gister 'n babatee vir ons tweede babadogtertjie gehou.  Jo het ondermeer hierdie "vasvra" oor ouvroustories uitgedeel en die een wat die meeste antwoorde reg gehad het, het 'n klein geskenkie gewen.  Ons moes raai of dit op 'n seuntjie of 'n dogtertjie van toepassing is, maar ek gee sommer die regte antwoorde.

1)   As jou voete kouer is as normaalweg, voor swangerskap, verwag jy 'n seuntjie.
2)   Wanneer jy jou baba hoog dra, verwag jy 'n dogtertjie.
3)   Wanneer jy na lekkergoed smag terwyl jy swanger is, verwag jy 'n dogtertjie.
4)   Wanneer jou baba se polsslag hoër as 140 is, verwag jy 'n dogtertjie.
5)   Wanneer jy niks van lemoensap hou gedurende swangerskap nie, verwag jy 'n seuntjie.
6)   As jou neus wyer raak, dan verwag jy 'n seuntjie.
7)   As jy pragtig lyk gedurende swangerskap, verwag jy 'n seuntjie.
8)   Indien die pappa van die baba net soveel gewig optel as die mamma, dan verwag hulle 'n dogtertjie.
9)   As die maand waarin jy swanger geraak het, asook die somtotaal van jou ouderdom onewe getalle is, verwag jy 'n dogtertjie.
10)   As jy smag na kaas en neute, verwag jy 'n seuntjie.
11)   Vra 'n swanger vrou om haar hande vir jou te wys.  Indien haar handpalms na bo wys, verwag sy 'n dogtertjie.
12)   Wanneer jou beenhare vinniger groei as gewoonlik, dan verwag jy 'n seuntjie.
13)   Wanneer jy met jou kussing in 'n noordelike rigting slaap, dan verwag jy 'n seuntjie.
14)   Maak 'n potlood aan 'n toutjie vas en hang dit oor die mamma se maag.  Indien dit in sirkels beweeg, verwag sy 'n dogtertjie.
15)   Indien die kleinkind se ouma, aan moederskant, grys is, verwag jy 'n seuntjie.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

 :sign10: en my voete is altyd koud en my hande altyd warm - terwyl ek Theo verwag het, moes ek sokkies en beanbag heeltyd om my arme voete vou - dit was ysblokkies - laas winter het ek weer kaalvoet kon loop  :icon_salut:  En ek het nogal so 'n ding vir kaas gehad (iets wat ek nooit veel van eet nie)  - ek was baie klein - self tot op die laaste - meeste mense kon nie eens sien dat ek swanger is ... Theo het in my heupe weg gekruip ;-)

maar of al die ouvrou stories nou waar is al dan nie - ek weet nie - maar van hulle is nogal interesant  :angel4:

Daar is ook een waar jy jou ken moet vasknyp - as daar 'n voutjie in vorm verwag jy 'n dogtertjie  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

En as jou maag swel verwag jy 'n baba.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

regtig Naas???  Mmm .. dan is daar 'n paar Pappa's wat babas verwag  :wav: :wav:

ek sien net so paar ommies met opgeswelde maagies  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

PM ek het geniet om die gryse wyshede onder oge te kry. Nogals een of twee herken uit oumagroot se slimmigheid rondom voorspelling van baba se geslag! En hier brul ek alweer onvroulik diekant van die aardbol. "...as jou maag swel verwag jy 'n baba" en Willa se paar omies wat swanger lyk heheheheh!!

PM

... en ek het my ken vasgeknyp, ek verwag 'n dogtertjie!  :hello2:
Die pappas verwag olifantjies...  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

My oumagrootjie het sestien kinders gehad. Sy was allergies vir seks. Dit het haar laat opswel...  :icon_scratch: Of was dit nie die gehekelde kondome? Ek kan nou nie lekker onthou waarvoor sy allergies was nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

 :sign10: Dit kon beslis nie vir seks gewees het nie.  :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Soos gewoonlik werk my goed weer anders om. Ek het met my meisiekind nie soet goed gelus nie maar wel met my eerste een wat 'n seuntjie was. EN nog so 'n paar ander wat ook anders om gehardloop het.  :toothy4:
:icon_scratch:  :icon_scratch:  :icon_scratch:

Quote from: Naas on March 18, 2012, 09:21:36 PM
En as jou maag swel verwag jy 'n baba.




:icon_bigsmurf:

Naas het jy nou al uitgevind of dit so is?  :evil6:

:angel12:

Naas

Die vrou op Veldrifft gaan dokter toe omdat haar maag swel.
Dokter se dis winde en gee haar pilletjies.
Sewe maande later loop die dokter haar in die hawe raak met 'n dubbelpram.
En die? Wil die dokter weet.
Nee wat dokter. Se die vrou. Dis sommer 'n babawaentjie
En wat is daarin?
Aag wat, sommer twee poepe in doeke.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hiehiehieihei.... surpraais surpraais  :toothy4: PM as ek my ken probeer vou trek my oge skeel. Dink daar loop Chinese bloed in my gene LOL!

PM

Nee man! Jy trek verkeerde kant toe!  :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ek weet nie meer wat om te maak nie maar hier oppie plaas verwag alles behalwe ek.
Die veeartsie is toe mos met daai suur koei oppie dorp getroud en ook nou al pa.
Maar hier by ons is dit droeer as die sahara in die somer.

:mumum:

PM

As ek na my beenhare kyk, dan verwag ek 'n seuntjie! 
Agge nee Assie, jy kan net dankbaar wees vir die suur koei.  Dink nou net dit was jy! 
Wat 'n voorreg om gange te hê waarin 'n mens kan ronddwaal.   Ek lief julle stinkend.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Die knypboutjieoutjie stap in seepunt met 'n pram (dis nou 'n stootwaentjie... Of 'n as gevolg van stoot waentjie)
Hulle vra hom wie se kind dit is.
Dis my kind.
Nonsens.
Is.
Nou wie's die pa?
Hoe moet ek nou weet? Ek het nie oe agter in my kop nie.

:icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.