Author Topic: Varktjops in die oond gebraai  (Read 19262 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Varktjops in die oond gebraai
« on: March 30, 2011, 02:58:05 AM »
Neem die varktjops en doop dit in ongegeurde jogurt.
Bedek dit met  krummels waarin die spesserye ingemeng is.
Pak dit in 'n oondpan en laat staan in die yskas.

Hoe langer jy dit kan laat staan hoe beter.   Ek maak dit vanaand en bak dit more aand maar het dit al net vir 2 ure laat staan en dit is nog heerlik.

Bak so 40 minute in 'n 180% oond.

Maklik en lekker.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #1 on: November 27, 2012, 01:51:44 PM »
Ek maak weer vanaand hierdie heerlike gereg.  Niemand het nog kom sê hoe dit smaak nie.  Dit is soooo maklik om te maak en altyd heeeeeerlik!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #2 on: November 27, 2012, 02:04:18 PM »
Dit klink heerlik. Ek dink ek sal dit vanaand probeer. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #3 on: November 27, 2012, 04:49:53 PM »
Dan moet jy kom vertel Fransie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #4 on: November 27, 2012, 10:43:57 PM »
Ons het 'willevark' tjoppies by Meisiekind gekry (voor dieet natuurlik  :icon_biggrin:) en dit so gaargemaak. Nou so spyt ek het nie fototjies geneem nie, dit was DJEEEERLIK!!! Al die varktjoppies wat daarna gaargemaak is, het jogurtjassie gekry  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #5 on: November 28, 2012, 04:19:04 AM »
Ek lief dit.  Dit het heerlik afgegaan met soet soetpatats en 'n aartappelgereg. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #6 on: November 28, 2012, 10:59:22 AM »
Ons lief self so soetigheidjie saam 'n vleisie en saam met hierdie varkvleisgereg is soetpatat TOPS!!!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #7 on: November 29, 2012, 07:59:30 PM »
jogurtjassie   :love7:

daar is seker    :sleepy1:   meer resepteboeke as enige ander leesgoed   :icon_study:  op aarde. kom ons stel 'n annerste boekie saam met resepte wat so ougat beskryf word    :read2:   met woorde soos hierdie 'jogurtjassie'

 :grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #8 on: November 29, 2012, 11:29:29 PM »
Adele dit is 'n wonderlike voorstel. By die ou boekie van woorde het ek 'n 'verskombuis' afdeling gehad wat my soveel pret gegee het. Ek het toestemming gehad om dit te bewaar en glo dat PM daaruit 'n hele paar byvoegings sal vind  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #9 on: November 30, 2012, 08:09:17 AM »
Natuurlik!  Raaitjie, jy kan nog 'n afdeling skep matertjie.  As jy ander goetertjies het wat jy wil byvoeg sal ek jou ewig dankbaar wees.
Dankie Adéle, ek lief dit:  Jogurtjassie

Damian het mos een oggend gesê, toe ek hom vra of hy jogurt wil hê:  dit is nie jou gurt nie, dit is my gurt!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #10 on: November 30, 2012, 09:02:55 AM »
Damian het mos een oggend gesê, toe ek hom vra of hy jogurt wil hê:  dit is nie jou gurt nie, dit is my gurt!  :icon_biggrin:

ag dierbaar, 'n kinders     :angel7:   kan soms wonderlik wees
[die jogurtjassie is meraai se skepping]    :love7:   
adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #11 on: November 30, 2012, 10:03:11 AM »
ek het hierdie verlede jaar iewers op "WEG!" se webblad gekry [dink dit was daar    :read2:   ]
en deel dit om te wys hoe oulik   :icon_cheers:   die 'metode' aangegee word. baie van hulle resepte word so geplaas. soms heel komies.    :toothy4:   
wie gaan saamwerk aan 'n "nuwe-woorde"-resepteboek?   :hello:   

Ek onthou koperpennieslaai uit die jare toe my ouma nog geleef het – toe kry ek dit onlangs weer te ete by tannie Gesie Smit op Koringberg – sy noem dit “Wonderslaai”.
Die volgende keer toe ek haar sien, stop sy my ’n papiertjie in die hand... die resep, in haar mooi handskrif! Ek deel dit graag.

Jy benodig (vir 6 mense)
• 1 kg wortels, skoongemaak en in skyfies gesny
• 2 groen soetrissies, in repies gesny
• 2 groot uie, in ringe gesny
VIR DIE MARINADE
• 1 pakkie tamatiesop
• 1½ koppie water
• ½ koppie olie
• ¾ koppie asyn
• 1 koppie suiker
• 1 eetlepel Worcestersous
• 2 eetlepels aangemaakte mosterd
• sout en peper na smaak
Só maak jy
1  Net-net sag. Laat die wor-tels opkook totdat dit nog bros is. Dreineer dit.
2 Sit aan vir die sous. Rang-skik die wortel, soetrissie en ui in lae in ’n groot kastrol.
3 Hier kom die hitte nou. Meng die marinade-bestanddele en kook dit vir 4 minute in ’n aparte kastrol – roer dit deurentyd.
4 Almal tesame! Gooi die warm sous oor die slaai, bedek dit (met ’n deksel, kleefplastiek of foelie) en laat dit afkoel.
5 Mak soos ’n lammetjie. Sit die slaai vir twee dae in die yskas voordat jy dit voorsit.
Weg sê: Boodskap van tannie Gesie: “Eet lekker! Groete.”


 :grommit: 

adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #12 on: November 30, 2012, 10:08:17 AM »
PM, kan jy hierdie Koperpennieslaai skuif na Tradisionele Geregte toe?

 :grommit:   
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Varktjops in die oond gebraai
« Reply #13 on: November 30, 2012, 10:22:40 AM »
Ja, ek sien nou, skuus Raaitjie.  Lyk my dit is nie net my hartjie wat nog slaap nie, maar my breins ook.  :color:

Adéle, as jy dit daar gaan plaas sal ek hierdie later uitvee.  Dankie matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.