• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Varktjops in die oond gebraai

Started by PM, March 30, 2011, 03:58:05 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

PM

Neem die varktjops en doop dit in ongegeurde jogurt.
Bedek dit met  krummels waarin die spesserye ingemeng is.
Pak dit in 'n oondpan en laat staan in die yskas.

Hoe langer jy dit kan laat staan hoe beter.   Ek maak dit vanaand en bak dit more aand maar het dit al net vir 2 ure laat staan en dit is nog heerlik.

Bak so 40 minute in 'n 180% oond.

Maklik en lekker.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek maak weer vanaand hierdie heerlike gereg.  Niemand het nog kom sê hoe dit smaak nie.  Dit is soooo maklik om te maak en altyd heeeeeerlik!
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dit klink heerlik. Ek dink ek sal dit vanaand probeer. :-)

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons het 'willevark' tjoppies by Meisiekind gekry (voor dieet natuurlik  :icon_biggrin:) en dit so gaargemaak. Nou so spyt ek het nie fototjies geneem nie, dit was DJEEEERLIK!!! Al die varktjoppies wat daarna gaargemaak is, het jogurtjassie gekry  :love7:

PM

Ek lief dit.  Dit het heerlik afgegaan met soet soetpatats en 'n aartappelgereg. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons lief self so soetigheidjie saam 'n vleisie en saam met hierdie varkvleisgereg is soetpatat TOPS!!!

adele

Quote from: Meraai vannie Baai on November 27, 2012, 10:43:57 PM
jogurtjassie   :love7:

daar is seker    :sleepy1:   meer resepteboeke as enige ander leesgoed   :icon_study:  op aarde. kom ons stel 'n annerste boekie saam met resepte wat so ougat beskryf word    :read2:   met woorde soos hierdie 'jogurtjassie'

:grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Adele dit is 'n wonderlike voorstel. By die ou boekie van woorde het ek 'n 'verskombuis' afdeling gehad wat my soveel pret gegee het. Ek het toestemming gehad om dit te bewaar en glo dat PM daaruit 'n hele paar byvoegings sal vind  :love7:

PM

Natuurlik!  Raaitjie, jy kan nog 'n afdeling skep matertjie.  As jy ander goetertjies het wat jy wil byvoeg sal ek jou ewig dankbaar wees.
Dankie Adéle, ek lief dit:  Jogurtjassie

Damian het mos een oggend gesê, toe ek hom vra of hy jogurt wil hê:  dit is nie jou gurt nie, dit is my gurt!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

Quote from: PM on November 30, 2012, 08:09:17 AM
Damian het mos een oggend gesê, toe ek hom vra of hy jogurt wil hê:  dit is nie jou gurt nie, dit is my gurt!  :icon_biggrin:

ag dierbaar, 'n kinders     :angel7:   kan soms wonderlik wees
[die jogurtjassie is meraai se skepping]    :love7:   
adéle  :grommit:

adele

ek het hierdie verlede jaar iewers op "WEG!" se webblad gekry [dink dit was daar    :read2:   ]
en deel dit om te wys hoe oulik   :icon_cheers:   die 'metode' aangegee word. baie van hulle resepte word so geplaas. soms heel komies.    :toothy4:   
wie gaan saamwerk aan 'n "nuwe-woorde"-resepteboek?   :hello:   

Ek onthou koperpennieslaai uit die jare toe my ouma nog geleef het – toe kry ek dit onlangs weer te ete by tannie Gesie Smit op Koringberg – sy noem dit "Wonderslaai".
Die volgende keer toe ek haar sien, stop sy my 'n papiertjie in die hand... die resep, in haar mooi handskrif! Ek deel dit graag.

Jy benodig (vir 6 mense)
• 1 kg wortels, skoongemaak en in skyfies gesny
• 2 groen soetrissies, in repies gesny
• 2 groot uie, in ringe gesny
VIR DIE MARINADE
• 1 pakkie tamatiesop
• 1½ koppie water
• ½ koppie olie
• ¾ koppie asyn
• 1 koppie suiker
• 1 eetlepel Worcestersous
• 2 eetlepels aangemaakte mosterd
• sout en peper na smaak
Só maak jy
1  Net-net sag. Laat die wor-tels opkook totdat dit nog bros is. Dreineer dit.
2 Sit aan vir die sous. Rang-skik die wortel, soetrissie en ui in lae in 'n groot kastrol.
3 Hier kom die hitte nou. Meng die marinade-bestanddele en kook dit vir 4 minute in 'n aparte kastrol – roer dit deurentyd.
4 Almal tesame! Gooi die warm sous oor die slaai, bedek dit (met 'n deksel, kleefplastiek of foelie) en laat dit afkoel.
5 Mak soos 'n lammetjie. Sit die slaai vir twee dae in die yskas voordat jy dit voorsit.
Weg sê: Boodskap van tannie Gesie: "Eet lekker! Groete."


:grommit: 

adéle  :grommit:

adele

PM, kan jy hierdie Koperpennieslaai skuif na Tradisionele Geregte toe?

:grommit:   
adéle  :grommit:

PM

Ja, ek sien nou, skuus Raaitjie.  Lyk my dit is nie net my hartjie wat nog slaap nie, maar my breins ook.  :color:

Adéle, as jy dit daar gaan plaas sal ek hierdie later uitvee.  Dankie matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.