• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My gat se deksel.

Started by Trapsoetjie, February 03, 2012, 12:55:40 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Ek werk in 'n stoor. Ek is die enigeste vrou hier. Hulle het spesiaal vir my 'n toilet laat bou. Nou ek gee nie om, om my toilet te deel met ander dames nie. Nou het ek vir twee weke met twee dames hier gesit wat bietjie kom "audit" Elkgeval, die eerste dag toe ek nou uiteindelik daar heen gaan vind ek gelukkig die deksel is toe maar daar lê toilet papier op die grond. In die eerste dag het hulle 'n hele rol toilet papier gebruik.
Die tweede dag begin ek agter kom hulle trek die toilet sonder om die deksel toe te maak. Ai, is dit net ek, (seker maar) maar magtig weet jy nie hoeveel kieme vlieg uit daai bak as jy trek nie. Eish, nou vandag is daar 'n ekstra dame hier, want dis hul laaste dag en hulle kry nie klaar nie. Eskom het 'n groot probleem met krag voorsiening aan hulle.  :evil6: Elkgeval terug by my badkamer. Ek wil amper op my hakke staan en skeeu "LOS MY TOILET UIT EN KRY JOU EIE"  :evil6:
Gelukkige vooruitsig dis hul laaste dag. (Hoop ek!)
Dankie vir jul ore  :evil6: Ek voel so bietjie beter  :evil6: Ek regtig nie so vol draad werk nie.  :evil6: Net die meeste van die tyd.  :evil6:

:angel12:

PM

Oeps, ek is ook skuldig daaraan, maak nie die deksel toe as ek trek nie.  :evil6:
Soms is ek baie haastig om by daai sitplek uit te kom en as ek gaan sit en die deksel is nog toe...!
Ek hoop ook vir jou part dat dit nou oor en verby is. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Oeeeee... Trappies, dis 'n ding daardie wat ek ook nie verstaan nie. Dis nou die deksel ding.  (Sorry, PM en al die ander).
'n Ding wat ek ook my kind geleer het. Nou sien ek hy wil wil ook soms die deksel oplos noudat hy by mense bly wat dit ook nie doen nie.
Ek gryp hom sommer nog daaroor. En hy is al dertig.
By die kantoor is ek meeste van die tyd alleen en kan ek dinge beheer in die 'kleinhysie'. Maar as daardie warrelwinde van 'n klomp Reps inkom en hulle waai deur die toilet....   :nono:   Die deksel is op, die wasbakkie (vir die wat hom nog gebruik) is vuil, die handdoek is sommer so skeef getrek of opgehang.
En die kombuis!!!!  Het juis Dinsdag vir hulle 'n e-mail gestuur en gese dat elkeen van ons ons eie glase, teelepels, koppies, bekers moet was en nie net in die wasbak neersit nie. Dit sal vrot. Die skoonmakers kom net een keer elke twee weke. Ook moet hulle asseblief hulle vuil bekers nie op hul lessenaars los as hulle die kantoor verlaat nie.  Die waterbeker word leeg terug gesit in die yskas, die toiletrolletjie is leeg en nuwe toiletrol word nie opgesit......  Hulle het seker onder mekaar besluit te hel, hulle sal dit nie skoonmaak. Toe los ek dit ook maar so.  Ek het al 'n nota geplak daar :  I have not come across any fairies in the kitchen. Have you?"
Hulle like my nie veel nie.  Pla my min.  Want ek is nie die skoonmaker nie.
elle

Louis

nou wat is dit met julle en die deksels. as ek die deksel wil op he moet ek dit optel en as jy dit wil af he, sit dit af. dis nie rocketscience nie en julle is mos nou al groot. hie hie hie

PM

 :icon_biggrin: Hê-hê, en ek dag ek is die enigste ou met die meeste poefies in die land!
Kyk, ek hou van netjies en skoon.  Dit is my enigste vereiste!
Die res kan ek hanteer.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

Hoe bly is ek die meeste van die tyd het ek nie 'n gat op deksel nodig nie, daars baie plek in die wingerd om te piepie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Hê-hê Lox,  ek dink nog dit is die beste!  Jammer ek het nie 'n stingeltjie nie!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

 :evil6: :evil6: :evil6: Louis, dis juis die dat ek weet hoe. Dit gaan nie oor oop of toe nie dit gaan oor die kieme wat versprei as die water so sprei, sprei alles daarmee saam die hele badkamer of kleinhuisie vol.  :nono:

Gelukkig het hulle my vanmiddag gegroet en gese hulle kom nie Maandag in nie  :hello2:  :hello2:  :hello2:  :hello2:  :hello2: :hello2:

Dankie Engeltjie, het ek nou ook 'n ding met ons kombuis gehad. Siende dat ek die enigeste vroumens daar is, (maak nie saak dat ek hoof is nie) moes ek almal se skottelgoed doen tee maak en en en en ............... Wel paar jaar terug toe stop ek dit. EK dink hulle het gou agter gekom toe hulle wou tee maak en daars nie skoon bekkers nie. Sal so ewe vra hoe nou,  :evil6: Andwoord, water en seep ou. Dit werk gewoonlik.  :`ip2:


:angel12:

Stof

Quote from: PM on February 03, 2012, 05:40:42 PM
Oeps, ek is ook skuldig daaraan, maak nie die deksel toe as ek trek nie.  :evil6:
Soms is ek baie haastig om by daai sitplek uit te kom en as ek gaan sit en die deksel is nog toe...!
Ek hoop ook vir jou part dat dit nou oor en verby is.

Stof se boom het glad nie 'n deksel nie.  Dit maak instandhouding soveel makliker.  Porselein se temperatuur is nogal verfrissend in die somermaande.

Quote from: Lox on February 03, 2012, 09:03:56 PM
Hoe bly is ek die meeste van die tyd het ek nie 'n gat op deksel nodig nie, daars baie plek in die wingerd om te piepie.

Dit verklaar die ektra aroma wat jou wyne so besonders maak?

:stofluis:
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Angelica

Ek lag te lekker vir Stof se besinging van Lox se wyne.
Nou wonder ek of dit die palette of sinusse of is dit nuanse?
Ja, julle manne moet maar julle stingeltjievoorregtes    :pottytrain2:   gebruik.  Ons sal maar knyp.
elle

Lox

Natuurlik is daar sulke maniere vir die geure en smake. Die geur kom uit die grond.
Ek het in Frankryk by een kelder 2 Riesling wyne geproe. Al 2 is lekker, al verskil was dat die wingerde op 2 verskillende soorte gronde staan. Mens kan die verskil proe want die smaak kom uit die grond.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

 :sign10: Julle is verfrissend so vroeg in die dag! Wynproe en stingeltjieswaai.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

Daar is darem nie 'n stingelswaai demonstrasie by die plaas toer ingesluit nie.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

As ek nou 'n stingeltjie gehad het, het ek vir julle 'n demonstrasie gehou! Volgens my beskeie mening, dink ek dit is die handigste instrument waaroor enige ware mens kan beskik!
So, geniet wat jy het en hou op om te kla!   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Die manlike vorm van PMS is stingelstress.






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.