• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Karringmelkbeskuit

Started by PM, February 03, 2012, 06:19:03 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Karringmelkbeskuit

Bestanddele

2 Kilogram bruismeel
1 Liter karringmelk
5 Eiers
1 en 'n halwe koppie suiker
500 gram botter
4 telepels bakboeier

So maak mens:
Meng al die droge bestanddele
vryf botter in

In 'n ander bak meng jy karringmelk, eiers en suiker
voeg dit by die drogebestanddele
Meng alles goed deur.

Maak bolletjies en bak op 180 grade tot 'n toetspen wys dat dit gaar is.  (50 minute)
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Vra iemand vandag vir 'n beskuit resep en kom grawe ek hier tussen die forum vir resepte uit ons eie oorde. PM, ek het hierdie ene van jou ook gedeel met die vroutjie hoor.  :notworthy: :hello2: Gaan hom beslis self ook probeer.

PM

Hier by ons kry ons Maas.  Dit is baie goedkoper as karringmelk en werk net so goed, so nou gebruik ek net maas in die plek van karringmelk.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek ken dit glad nie. Wonder wat sal die eweknie hierdie kant wees?  :icon_scratch:

PM

"Maas" or "Amasi"is the African name for sour milk. You can buy maas in supermarkets nowadays in the milk and dairy section. According to the SA Food Tables, maas contain 0,4 microgram of vit B12 per 100 ml, so although it is a source of vit B12, it is not really high in vit B12.


Hierdie produk is dik en dit werk goed.  Kyk op internet, dalk kry jy iets daar.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai