Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Brood, skons en beskuit => Topic started by: PM on February 03, 2012, 06:19:03 AM

Title: Karringmelkbeskuit
Post by: PM on February 03, 2012, 06:19:03 AM
Karringmelkbeskuit

Bestanddele

2 Kilogram bruismeel
1 Liter karringmelk
5 Eiers
1 en 'n halwe koppie suiker
500 gram botter
4 telepels bakboeier

So maak mens:
Meng al die droge bestanddele
vryf botter in

In 'n ander bak meng jy karringmelk, eiers en suiker
voeg dit by die drogebestanddele
Meng alles goed deur.

Maak bolletjies en bak op 180 grade tot 'n toetspen wys dat dit gaar is.  (50 minute)
Title: Re: Karringmelkbeskuit
Post by: Meraai vannie Baai on June 29, 2018, 10:55:55 AM
Vra iemand vandag vir 'n beskuit resep en kom grawe ek hier tussen die forum vir resepte uit ons eie oorde. PM, ek het hierdie ene van jou ook gedeel met die vroutjie hoor.  :notworthy: :hello2: Gaan hom beslis self ook probeer.
Title: Re: Karringmelkbeskuit
Post by: PM on July 01, 2018, 06:15:30 PM
Hier by ons kry ons Maas.  Dit is baie goedkoper as karringmelk en werk net so goed, so nou gebruik ek net maas in die plek van karringmelk.
Title: Re: Karringmelkbeskuit
Post by: Meraai vannie Baai on July 01, 2018, 11:25:37 PM
Ek ken dit glad nie. Wonder wat sal die eweknie hierdie kant wees?  :icon_scratch:
Title: Re: Karringmelkbeskuit
Post by: PM on July 02, 2018, 03:11:38 PM
"Maas" or "Amasi"is the African name for sour milk. You can buy maas in supermarkets nowadays in the milk and dairy section. According to the SA Food Tables, maas contain 0,4 microgram of vit B12 per 100 ml, so although it is a source of vit B12, it is not really high in vit B12.


Hierdie produk is dik en dit werk goed.  Kyk op internet, dalk kry jy iets daar.
Title: Re: Karringmelkbeskuit
Post by: Meraai vannie Baai on July 02, 2018, 10:42:39 PM
 :icon_cheers: :notworthy: Sal beslis loer!