• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wortelkoek

Started by PM, January 30, 2012, 01:07:35 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Wortelkoek

Bestanddele:

1)  Klits goed saam,
     2 Koppies suiker
     1 en 'n halwe koppie olie
     4 eiers

2)  Sif saam
     2 en 'n halwe koppie meel
     'n Kwart telepel sout
     3 telepels bakpoeier
     3 telepels fyn kaneel
     1 telepel koeksoda

So maak mens:

Voeg nommer 1 by nommer twee en meng dit goed.
Voeg 3 koppies fyngerasperde geelwortels en 'n halwe koppie fyngekapte neute by.
Meng weer goed deur.
Gooi die mengsel in twee gesmeerde koekpanne en bak by 180 grad C of 350 grade F
tot gaar. 
Laat afkoel op 'n draadrak.

Vulsel:

Meng die volgende saam:
125 gram botter
1 Koppie versiersuiker
1 Telepel vanilje geursel
1 Bakkie gladde Cottage cheese

Smeer dit tussen die twee lae en bo-op die koek.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

mmmm ek wil die probeer
*The one and only AWESOME-EST


Fransi

 :hello:

Njam-njam. Dit is juis my gunsteling koek.

Trapsoetjie

Kan ek dit ook maak in 'n ronde bak die een met die gat in die middel?
:angel12:

PM

Jy kan seker, dit is 'n laagkoek, het jy twee van daai gatterige goed?
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Wortelkoek is my favourite. Maar die icings is te dik en soet.
Sondag gaan drink ek en 'n vriend koffie by M&B hier in Durbanville. Wat 'n heerlike wortelkoek. Baie neute in en heerlik klammerig.
Ons het elk 'n halwe sny daarvan en 'n halwe sny lemon meringue en 'n blob roomys gehad. (Het myne Maandag saamgevat werk toe. Sonder die roomys natuurlik. Sondag ge-eet.  Roomys laat my ore jeuk). Met water en ietsie koud.  Die koffie moet maar oorstaan tot winter. Dit is nou te warm in die Kaap.
Wortelkoek is beslis my favourite.
Ek het 'n stoof. Met 'n oond. Ek bly al langer as 'n jaar hier en ek weet nog nie of die oond werk nie. Wat se dit?  Ek het nog nie gebak en gebrou nie.  (Dit is nou al heelparty jare dat ek nie kook en bak nie).  Ek is te bang die ding gaan ontplof as ek die knoppie draai.  Dalk het die kokkerotte al 'n klein dorpie gemaak binne-in.
elle

PM

#6
Ek dink nie dat hierdie te soet sal wees nie, want jy gebruik Cottage cheese. Dalk is dit die ideale geleentheid om te kyk hoeveel "kok-kroathes" uitpeul!   :icon_biggrin:
Dalk is ek so hansgat om hierdie koekie te bak vir wanneer jy Sondag kom kuier. 
Ons het 'n heerlike ontbeende varknek gekoop.  Andrew is 'n boffin met die rook en voorbereiding daarvan.  As ek nou 'n paar gebakte aartappels, 'n lekker spinasiedis met geurige rys en pampoenkoekies voorsit, kan dit dalk net 'n wenner wees.  Bring maar jou sooibrandpilletjies saam.   :icon_biggrin: Hê-hê, ek is nie die beste kok in die wêreld nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Nee ek het net een van daai gaatgoeters..  :icon_biggrin:

Hoelank moet dit in die oond? Of is ek weer blind en kyk ek dit mis.

Lekker nou kan ek eers nie wag vir Sondag nie. Jy moenie jouself so afkraak nie, jy maak ongelooflike lekker kossies. Wat sal ek saam bring? Behalwe lekker rooi koeldrank  :toothy4:
:angel12:

Angelica

Klink of ek vir ete genooi is.  Dankie..
Louis, jy het nou nie verlede Sondag lyn natgemaak in die sloep nie.  Bring daardie stok en rooiaas dan soek ons 'n kabeljou.
Sal dit nou nie lekker wees as ons almal kan gaan visvang en dan varknek eet by PM se Plek in die Wolke.
Gaan Naas weer chicken wees?
Wat  bring ek?  PM, ek sal die pampkjin fritters bring.  Nee, dit kom nie uit my kombuis nie, dit kom uit Woelies se kombuis.
As ek 'n wortelkoek moet bak, moet ek eers die plaatjies en die meel en en en  moet gaan koop en dan is daar nie plek in my huis vir myself nie. :dontknow:
Sal maar bly by Woelies se mikrogolfbare disse.
elle

PM

Natuurlik is jy genooi vir ete, Louis en Naas is ook welkom en WW en wie is nog hier naby?
Bring maar net 'n drinkdingetjie, ons het tee en koffie, en ja, water ook.   :icon_biggrin:
Ons het alles hier om te bak en te brou.  Daarvoor het Ouma Naas gesorg. 

Trappies, ek bak dit maar so 30 minute en dan steek ek 'n tandestokkie in om te sien hoe lank nog.
Gewoonlik is dit gaar as die gebak so effens wegtrek van die pan se rante af. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

En natuurlik het ek die wortelkoek probeer en natuurlik het die "icing" geflop!
Hoe nou gemaak?
More is 'n nuwe dag en more probeer ek weer!  Beter julle vroeg hier is om my te hulp te snel!

Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

patrys hoe begin ek n nuwe lyn op jogurt koek? en hetb iemand so  n resep?  :color:

PM

Gaan na groot koeke en begin 'n nuwe onderwerp.  (New Topic)  Het ek jou reg verstaan?
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

jip dankie patrys... vraag is ook het iemand so n  resep vir jogurt koek?

PM

Ek sal vir Terry vra vir 'n jogurt resep.  Intussen het ek my vriend Google gevra en hy sĂȘ jy kan hier gaan loer:

http://www.huffingtonpost.com/2013/02/27/yogurt-cake-recipe_n_2767405.html
Om te weet is om te verstaan.