• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wortelkoek

Started by PM, January 30, 2012, 01:07:35 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

My Wortelkoek.

WORTELKOEK
(1 Koek van 23 cm in deursnee)

2 Koppies (500 ml) suiker
4 groot eiers
1 Teelepel vanieljegeursel
1½ Koppies (375 ml) sonneblomolie
2 Koppies (500 ml) koekmeel
1 Teelepel bakpoeier
2 Teelepels koeksoda
2 Teelepels fyn kaneel
1 Teelepel sout
3 Koppies gerasperde wortels
¾ Koppie (200 ml) fyn klapper
1 Koppie (250 ml) okkerneute, gekap
1 Koppie (250 ml) geblikte fyn pynappel, gedreineer

Versiersel

125 g botter, sag
500 g versiersuiker
250 g roomkaas
1 Teelepel vanieljegeursel
Ekstra gekapte okkerneute vir bo-oor sprinkel

Verhit oond tot 180 °C.
Smeer twee 23 cm-koekpanne met bietjie botter en voer met bakpapier uit.
Klits suiker, eiers en vanieljegeursel saam en voeg olie geleidelik by.
Sif meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout saam en meng by die eier-en-suikermengsel in. Voeg die gerasperde wortel, klapper, okkerneute en pynappel by beslag.
Gooi in voorbereide koekpanne en bak vir ongeveer 1 uur of tot 'n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel in die panne.

Vir die versiersel:
Klits sagte botter totdat dit romerig is en voeg helfte van die versiersuiker geleidelik by. Klop tot lig en romerig. Voeg roomkaas by en meng by stadig. Voeg laastens res van versiersuiker en vanieljegeursel by.
Meng slegs tot alles goed deurgemeng is, anders raak die versiersel loperig.
Keer koeke uit panne en verwyder bakpapier. Smeer een koek met helfte van die versiersel. Plaas die ander koek bo-op en smeer met die oorblywende versiersel.
Sprinkel gekapte okkerneute bo-oor.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Vaderland Naas, dit klink hemels!