• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Rooi-oog-koekies

Started by PM, January 30, 2012, 09:13:57 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Bestanddele:

6 Koppies koekmeel
2 Koppies suiker
4 Eiers
500 gram margerine of botter
8 Telepels bakpoeier
1 Telepel vanilje ekstrak
Sout ('n knippie of so kwart telepel)

So maak mens:

Klop die botter en suiker tot room.
Breek eiers in en klop deeglik.
Voeg vanilje by.
Sif die droge bestandele by en meng goed.
Rol balletjies en druk plat met vurk.
Plaas 'n kwart kersie in die middel van elke koekie.
Bak by 180 grade C tot ligbruin. 


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

My moederlief het altyd die 'krismiskoekies' so versier met 'n kwart kersie. Proe nog hoe lekker taai dit gebak het  :icon_biggrin:

Fransi

Baie interessant. Dit klink heerlik.

Naas

Die gaan ek probeer bak. Maar ek dink ek gaan olywe bo-op sit. Die soet sout kombinasie behoort lekker af te gaan saam met ingelegte turksvye.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


PM

Praat jy  nou van turksVYE toe dink ek aan die dag met die boekvoorstelling toe ek vir jou die heerlikste vy uitgesoek het.  Groot was my verleentheid toe ek uitvind dit was 'n vrotte!   :icon_scratch:
Hoekom dink ek dit is "truksvye" ???

Gisteraand het Gerhard my uitgeneem vir ete en ek het 'n kaasbord bestel.  Daarin was twee ingelegde vye, maar ongelukkig was dit suur!  :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

OE! Ek lief 'n kaasbord. Nie goed vir die rondinge nie maar wie gee om?  :icon_biggrin:

PM

Ek verkies altyd 'n soutigheid voor soetigheid.  Gerhard het 'n kouevleisbord gekies en ons het die twee disse gedeel.  Die een was 'n voorgereg en die kaasbord 'n nagereg, maar dit was genoeg om ons albei versadig te maak.  Njammies!
Om te weet is om te verstaan.