Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Klein koekies => Topic started by: PM on January 30, 2012, 09:13:57 AM

Title: Rooi-oog-koekies
Post by: PM on January 30, 2012, 09:13:57 AM
Bestanddele:

6 Koppies koekmeel
2 Koppies suiker
4 Eiers
500 gram margerine of botter
8 Telepels bakpoeier
1 Telepel vanilje ekstrak
Sout ('n knippie of so kwart telepel)

So maak mens:

Klop die botter en suiker tot room.
Breek eiers in en klop deeglik.
Voeg vanilje by.
Sif die droge bestandele by en meng goed.
Rol balletjies en druk plat met vurk.
Plaas 'n kwart kersie in die middel van elke koekie.
Bak by 180 grade C tot ligbruin. 


Title: Re: Rooi-oog-koekies
Post by: Meraai vannie Baai on October 30, 2015, 08:27:17 AM
My moederlief het altyd die 'krismiskoekies' so versier met 'n kwart kersie. Proe nog hoe lekker taai dit gebak het  :icon_biggrin:
Title: Re: Rooi-oog-koekies
Post by: Fransi on October 30, 2015, 08:45:25 AM
Baie interessant. Dit klink heerlik.
Title: Re: Rooi-oog-koekies
Post by: Naas on October 30, 2015, 09:20:45 AM
Die gaan ek probeer bak. Maar ek dink ek gaan olywe bo-op sit. Die soet sout kombinasie behoort lekker af te gaan saam met ingelegte turksvye.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Rooi-oog-koekies
Post by: Meraai vannie Baai on October 30, 2015, 10:42:00 AM
Jy sal moet kom wys  :toothy4:
Title: Re: Rooi-oog-koekies
Post by: Naas on October 30, 2015, 01:19:40 PM
I never kiss 'n tell  :nono:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Rooi-oog-koekies
Post by: Meraai vannie Baai on October 30, 2015, 10:56:24 PM
 :icon_biggrin: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Rooi-oog-koekies
Post by: PM on December 09, 2015, 10:29:31 AM
Praat jy  nou van turksVYE toe dink ek aan die dag met die boekvoorstelling toe ek vir jou die heerlikste vy uitgesoek het.  Groot was my verleentheid toe ek uitvind dit was 'n vrotte!   :icon_scratch:
Hoekom dink ek dit is "truksvye" ???

Gisteraand het Gerhard my uitgeneem vir ete en ek het 'n kaasbord bestel.  Daarin was twee ingelegde vye, maar ongelukkig was dit suur!  :dontknow:
Title: Re: Rooi-oog-koekies
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2015, 11:25:21 AM
OE! Ek lief 'n kaasbord. Nie goed vir die rondinge nie maar wie gee om?  :icon_biggrin:
Title: Re: Rooi-oog-koekies
Post by: PM on December 09, 2015, 11:28:42 AM
Ek verkies altyd 'n soutigheid voor soetigheid.  Gerhard het 'n kouevleisbord gekies en ons het die twee disse gedeel.  Die een was 'n voorgereg en die kaasbord 'n nagereg, maar dit was genoeg om ons albei versadig te maak.  Njammies!