• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Leedwese

Started by Naas, January 26, 2012, 10:09:19 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Lox. Ek praat namens PM en myself as ons aan jou dink in tyd van rou.
Dis met leedwese dat ons kennis neem van jou skoonma se afsterwe. Ons hoop dat die seer en leemte gevul sal word met mooi herinneringe in jou en jou vroulief se lewe.
Ons koester julle in ons harte deur hierdie tye.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Hi Lox,
Ek is so jammer om te hoor van julle verlies.
Mag julle berusting vind in die wete dat sy by ons Vader is waar geen pyn gevoel word nie.
Sterkte toegewens vir julle.

Elle
elle

Meraai vannie Baai

Ek wil ook ons simpatie oordra aan julle Lox. Vou julle toe met omgeekombersie van oorkant die waters. Drukkie vir julle mater!

Fransi

 :hello:

Baie drukkies vir julle in hierdie eina-tyd.

Trapsoetjie

Hi Lox, so jammer.  Sterkte. Gee vir vroulief 'n stywe drukkie van ons almal hier, en vra sy moet jou ook 'n stywe druk gee.

Dink aan julle.

:angel12:

PM

Dankie Naas, ek waardeer jou moeite.  Ek kon gisteraand gladnie op die internet inkom nie.

Lox en Vroulief sal Sondagaand tuis wees en dan sal hy sekerlik 'n draaitjie kom gooi as hy 'n kansie kry.

Die begrafnis is Dinsdag 11uur in die NG kerk Helderberg in Somersetwes.  Ons het nie juis "kerkklere" saamgebring nie, maar ons sal so netjies as moontlik probeer lyk, as dit goed is.
As iemand 'n saamrygeleentheid soek, praat met ons. 

Sterkte Lox, ons dink aan julle en as daar iets is waarmee ons kan help, druk op die knoppie asseblief.
Om te weet is om te verstaan.

Lox

Dankie julle, ja was nie lekker om haar os te sien nie. Ons was die laaste 2 ure by haar. Die dokter en ambulans mense was ook daar maar kon niks vir haar doen nie. Dr het haar kalmeer inspuiting gegee voor hy weg is.

Toe het die dominee en die hospis suster ook daar aangekom en tot die einde gebly. Die hospis suster het ons verduidelik hoe die liggaam afskakel. Is baie hartseer maar ons is bly sy is uit die pyn en lyding.

My vrou het haar so 'n drukkie gegee en daai tyd het sy net ophou asemhaal en nie weer asem ingetrek nie.

Ons sal haar mis en ek kan met eerlikheid seg ek en skoonma het nooit vasgesit nie en sy het nooit by ons lewe ingemeng nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

Ai Loxi ek is baie jammer om te hoor! *groot drukkie vir jou en jou vrou.  Ek is seker sy is nou op n beter plek! Ek hou julle in my gebede.
*The one and only AWESOME-EST


Lox

Dankie Tjiekie. Ek is maar stil, sal weer begin meer praat later.

Ons gaan dalk iewers in die week begin oes, nog nie seker nie. Ek het so 80 ton druiwe wat die week dalk gereed kan wees om te oes, hang af wat die kelder seg. Sodra hulle seg dis reg wil ek laat waai. As niks haak nie kan ek 80 ton in 1 dag met die masjien oes maar ek dink ek sal dit liewer rustig vat en oor 2 dae uitrek.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Gawelina

Sterkte Lox.  Ook ek dink aan julle in hierdie tyd.

Lox

Dankie Gawie.
Ons hou vanoggend roudiens en dan kan die lewe weer aangaan.

lekker dag vir almal.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Lox

PM

Baie dankie vir jou en Hannes wat by die rou diens was, ons waardeer dit baie. Volgende keer gaan ons mekaar in lekkerder omstandighede hier op die plaas sien en baie lag en lekker druiwe eet ook.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dit was 'n voorreg Lox.  Dit was 'n wonderlike rustige diens met 'n baie mooi boodskap.  Die pragtige getuienis wat almal van haar gelewer het, getuig van 'n liefdevolle, behulpsame, groothartige, nederige mens wat 'n hegte band met haar Here gehad het.  Mag dit, opsigself, vir julle troos bied. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Hi Lox,  dink nog aan julle. 
Hoop dat dit al beter gaan al verlang julle baie.

e
elle

Lox

ja dankie angelika, dit gaan al beter, so af en toe word daar gehuil dan lag ons maar weer en dan gaan ons weer aan. Van maandag oggend half 4 af gaan dit baie bedrywig raak so dat daar min tyd vir verlang gaan wees, gedagtes gaan meestal by die druiwe wees.
gaan maandag oggend saugvinon blanc oes en daarna steen. wil kyk of ek so 60 na 80 ton kan oes maandag.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.